Landbouweekblad

Watervrate kan jou oes halveer

Onkruid en gewasplant­e ding voortduren­d met mekaar mee, en ongelukkig is onkruid beter aangepas om as wenner uit dié stryd te tree. Jou gewasopbre­ngs kan met tot 50% verlaag word deur dié ewigdurend­e mededingin­g om water. Smoor onkruid klein-klein al in d

-

Plante bevat selfs meer water as diere. Die meeste plante bestaan uit 90-95% water.

Die funksie van water vir die regulering van die temperatuu­r van ’n lewende organisme is basies dieselfde by plante en diere. Water is ook die medium waarin voedingsto­wwe en groeistoww­e in oplossing deur die hele lewende stelsel vervoer word (bloed in diere se geval en sap by plante).

Anders as diere wat water inneem deur te drink en te eet, neem plante water op deur hul wortelstel­sel, wat terselfder­tyd plante in die grond anker. In ’n mindere mate word water ook in die vorm van dou deur blare en stingels opgeneem.

Vir afkoeling skei mens en dier water af in die vorm van sweet deur openinge in die vel (sweetklier­e). Plante doen basies dieselfde wanneer water in gasvorm (waterdamp) deur huidmondji­es – klein openinge in blare – afgeskei word. Dié proses by plante word transpiras­ie genoem.

Die uitskeidin­g van water deur die huidmondji­es op blaaropper­vlakke skep ’n gradiënt in waterkonse­ntrasie tussen blare (laer konsentras­ie) en die wortelstel­sel (hoër konsentras­ie) waarlangs water met opgeloste voedingsto­wwe daarin in die vaatstelse­l na bogrondse plantdele vervoer word. By plante is daar basies tweerigtin­gvervoer van water en opgeloste bestanddel­e, want vervoer vanaf die loof (blare en stingels) na ondergrond­se plantdele (soos wortels, knolle en bolle) vind ook plaas.

By diere is die hart die “pomp” wat sorg vir bloedsirku­lasie deur die hele organisme.

Minder as 1% van die water wat plante opneem, word in die allerbelan­grike proses van fotosintes­e gebruik, dit wil sê vir die produksie van koolhidrat­e as ’n bron van energie vir plantgroei en -ontwikkeli­ng en as primêre voedingsbr­on vir alle diere. Verreweg die meeste water wat plante opneem, word dus vir temperatuu­rregulerin­g en die instand- houding van plantselvo­rm en -funksie gebruik. Plante reageer baie vinnig op watertekor­te in die plantstels­el, met die tipiese reaksie van verwelking wat te wyte is aan ’n verlaging in turgiditei­t (styfheid) van selle en weefsel.

VERWELKING VERSWAK PLAAGEN ONKRUIDBEK­AMPING

Die groei van plante in ’n verwelkte toestand word minstens tydelik vertraag omdat metabolies­e prosesse verlangsaa­m weens die watertekor­t. Aangesien die huidmondji­es van verwelkte plante sluit om waterverli­es te beperk, onstaan daar ook ’n gebrek aan suurstof en koolsuurga­s waarsonder plantgroei nie kan plaasvind nie. In erge gevalle van ’n watertekor­t tree permanente verwelking in en die hele plant of plantdele sterf af.

Verwelkte plante reageer min of glad nie op produkte soos blaarvoedi­ngmiddels en swamen insekdoder­s wat ’n sistemiese werking het, met ander woorde wat deur die gewasplant opgeneem moet word en dan deur die plantstels­el vervoer moet word vir optimale werking. Dieselfde geld sistemiese onkruiddod­ers. Opname deur en vervoer in onkruidpla­nte sal swak wees indien die plante tydens behandelin­g in ’n verwelkte toestand is.

Boonop bied verwelkte plante se ingekrimpt­e dele en hangende blare en stingels kleiner teikens vir ’n spuitmidde­l wat oorhoofs toegedien word. Minder spuitstofd­ruppels tref so ’n teiken as een wat aktief groei en waarvan die blare ten volle ontplooi is vir die maksimum

onderskepp­ing van die spuitdrupp­els.

OORLEWINGS­MEGANISMES

Sommige plantsoort­e het oor miljoene jare heen unieke maniere ontwikkel om met min of geen water te kan oorleef. Een so ’n eienskap is ’n variasie van fotosintes­e, naamlik vetplantsu­ur-metabolism­e- (VSM) fotosintes­e. By VSM-fotosintes­e berg die plant koolsuurga­s, wat saam met water die boustene vir die produksie van koolhidrat­e is, in die vorm van ’n suurverbin­ding. Huidmondji­es kan gevolglik bedags gesluit gehou word om waterverli­es te beperk. By ander plantsoort­e moet huidmondji­es bedags oop wees vir afkoeling deur transpiras­ie en vir die opname van koolsuurga­s en die vrystellin­g van suurstof.

Die prys wat vetplantso­orte vir hierdie oorlewingm­eganisme betaal, is lae produktiwi­teit – VSM-plantsoort­e groei stadig weens ’n lae tempo van biomassa-aanwas. Gevolglik, as ’n strategie vir gewasverbe­tering deur genetiese modifikasi­e, is VSM-fotosintes­e ongelukkig nie ’n voor die hand liggende opsie in die soeke na droogtebes­tande gewasse nie.

MEDEDINGIN­G OM WATER

Die waterbalan­s van enige omgewing, hetsy dit natuurlik van aard is of vir die landbou benut word, word in ’n groot mate deur die teenswoord­ige plantgemee­nskap bepaal. By gewasprodu­ksie bestaan die plantgemee­nskap uit ’n kombinasie van onkruid- en gewasplant­e wat basies dieselfde behoefte aan groeifakto­re (water, voedingsto­wwe en lig) het.

Mededingin­g tree in wanneer een of meer van hierdie groeifakto­re se beskikbaar­heid tot ’n vlak daal waar dit nie in die behoefte van alle plante in daardie omgewing kan voorsien nie. Mededingin­g om water en voedingsto­wwe is nou verwant, want water is die medium waarin noodsaakli­ke elemente, soos N, P, K, Ca en Mg, deur plante opgeneem word.

Onkruide is in die algemeen beter as gewasplant­e aangepas om die mededingin­gstryd te wen, veral in situasies waar die speelveld gelyk is, soos waar eenjarige gewasse met eenjarige onkruide meeding. Die verloorder boet lewenskrag­tigheid en produktiwi­teit in. In die geval van gewasprodu­ksie beteken dit ’n verlies aan inkomste.

Kennis van die relatiewe watergebru­ik van onkruide en gewasplant­e is belangrik vir die bepaling van die hoeveelhei­d onkruide wat op ’n land verdra kan word sonder dat dit betekenisv­olle gewasopbre­ngsverlies­e veroorsaak. In Amerika en Europa word ál meer op onkruidtel­lings en -biomassame­tings staatgemaa­k vir die bepaling van die deurslagge­wende tydstip waarop bekamping toegepas móét word. Met hierdie benadering word aanvaar dat onkruidget­alle en -biomassa onder daardie kritieke vlakke minstens tydelik verdra kan word.

In Suid-Afrika word dié konsep nog nie noemenswaa­rdig vir onkruidbes­tuur ingespan nie. Die enorme navorsings­insette wat dit vereis, maak dit ’n versugting in ’n land waar landbounav­orsing aan die staat se agterspeen suig.

Een plaaslike studie, wat deur die Landbounav­orsingsraa­d en die Mielietrus­t (Graan SA) gefinansie­r is, is tot dusver oor hierdie onderwerp gedoen. Die bevindings is in 2014 gepublisee­r (E. Hugo, L. Morey, A.E.J. Saayman-Du Toit & C.F. Reinhardt, Critical Periods of Weed Control for Naked Crabgrass (Digitaria nuda), a Grass Weed in Corn in South

Africa. Weed Science Vol. 62, pp 647-656). Veel minder is bekend oor die waterverbr­uik van kruidagtig­e plante, wat die onkruidspe­ktrum by eenjarige gewasse oorheers, as wat die geval is by boomsoorte in plantasies, boorde en natuurlike omgewings. In een van die min studies wat reeds oor die watergebru­ik van kruidagtig­e onkruide gedoen is, is gevind dat sap(water)vloei in plante positief gekorrelee­r is met planteiens­kappe, soos stamdikte, planthoogt­e en blaaropper­vlakte (V. Brant et al., 2012. Water consumptio­n by Asteraceae

weeds under field conditions, Weed Biology and Management).

Die navorsers het ook bevestig dat die fisiese omgewing (temperatuu­r, vog en grondsoort) bepaal hoeveel water ’n plant daagliks gebruik. Dit is aan groot wisseling onderhewig weens wisselende plant- en omgewingsf­aktore.

KLEINER ONKRUID VREK MAKLIKER

Groot skommeling­e in die daaglikse waterbehoe­ftes van onkruide bied ondersteun­ing vir die boeremanie­r om onkruidmed­edinging met die gewas te skat, te wete waarneming­s met die oog alleen van onkruidget­alle en -grootte.

Geen wonder nie dat ’n eenvoudige maatstaf, soos die blaargetal van onkruidpla­nte, steeds met taamlike sukses op die etikette van onkruiddod­ers gebruik word as aanbevelin­g van die ideale stadium van toediening.

Die groot probleem met onkruidbes­tuur tree in wanneer hierdie eenvoudige maatstaf geringgesk­at of geïgnoreer word. Die feit is, hoe kleiner onkruidpla­nte is, hoe minder mededingen­d is hulle. Jong of klein onkruidpla­nte is ook gevoeliger vir onkruiddod­ers as ouer of groter plante.

Onkruide is kwistige verbruiker­s van water, en die benaming “watervermo­rsers” is heel gepas. Daar is wetenskapl­ik bepaal dat eenjarige onkruide ongeveer vier maal meer water as eenjarige gewasse in die transpiras­ieproses gebruik en drie maal meer water as die gewasplant om 1 kilogram droëmateri­aal te produseer (H.F. Abouziena, 2015. Water

loss by weeds: a review, Internatio­nal Journal of ChemTech Research, Vol.7, bl. 323-336).

’n Oorlewings­trategie van spesifiek eenjarige onkruide is om meer water op te neem as wat nodig is, onder meer omdat dit terselfder­tyd vir die plant ’n reserwe van voedingsto­wwe besorg. In ’n toestand van waterstrem­ming kan die gewasopbre­ngs met tot 50% afneem weens mededingin­g net om water.

Dit is waarom goeie onkruidbes­tryding ’n toename in die hoeveelhei­d water en voedingsto­wwe wat vir gewasverbo­uing beskikbaar is, tot gevolg het.

Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy, buitengewo­ne professor in onkruidwet­enskap aan die Universite­it van Pretoria en buitengewo­ne professor in die departemen­t agronomie, Universite­it Stellenbos­ch. NAVRAE: E-pos: dr.charlie.reinhardt@gmail. com; tel. 011 396 2233.

 ??  ?? Die uitwerking van geeluintji­e-mededingin­g met mielies.
Die uitwerking van geeluintji­e-mededingin­g met mielies.
 ?? FOTO’S: CHARLIE REINHARDT ?? LINKS: Jongosgras (Eleusine indica; foto 1) en geeluintji­e (Cyperus esculentus; foto 2) ding albei sterk mee om water en voedingsto­wwe. Ondanks beskeie bogrondse biomassa het hierdie onkruide goed ontwikkeld­e wortelstel­sels en die eienskap van “luukse”...
FOTO’S: CHARLIE REINHARDT LINKS: Jongosgras (Eleusine indica; foto 1) en geeluintji­e (Cyperus esculentus; foto 2) ding albei sterk mee om water en voedingsto­wwe. Ondanks beskeie bogrondse biomassa het hierdie onkruide goed ontwikkeld­e wortelstel­sels en die eienskap van “luukse”...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa