Landbouweekblad

Oliekoek-invoer bedreig die soja-trein

- MARLEEN SMITH

HOEWEL Suid-Afrika se sojaboonpr­oduksie en -parsvermoë die afgelope dekade meer as verdubbel het, word miljarde rande steeds deur die plaaslike veevoerbed­ryf aan meestal duurder, ingevoerde oliekoek uit Suid-Amerika bestee.

Suid-Afrikaanse boere het vanjaar ’n beraamde 701 000 ha sojabone geplant, 22% meer as verlede jaar en die meeste nóg.

Die vermoë van Suid-Afrika se toegewyde sojaboonpa­rse word op meer as 2 miljoen ton geraam, volgens dr. Erhard Briedenhan­n, ondervoors­itter van die Oliesade-advieskomi­tee.

Die land se sojaboon-oes was verlede jaar 1,3 miljoen ton, wat sowat 988 000 ton oliekoek kan oplewer.

Nogtans word verwag dat Suid-Afrika teen einde Februarie met ’n oorskot van 340 862 ton sojabone kan sit omdat die parstempo nie naastenby in ooreenstem­ming met produksie verhoog het nie.

Graan SA waarsku dat dit al hoe moeiliker raak om uitbreidin­g in sojaboonpr­oduksie te bevorder as plaaslike verwerking nie byhou nie. “Ons wil mos nie onverwerkt­e grondstoww­e uitvoer en verwerkte grondstoww­e invoer nie,” sê mnr. Corné Louw, ekonoom van dié produsente­organisasi­e.

Hy sê Suid-Afrika het die afgelope tyd jaarliks gemiddeld 571 000 ton soja-oliekoek ingevoer, wat gelykstaan­de is aan 761 333 ton onverwerkt­e sojabone. Die land het wel al hoe minder begin invoer namate plaaslike

produksie gestyg het, maar te veel oliekoek wat plaaslik vervaardig kan word, word steeds ingevoer.

Vir Graan SA gaan dit oor die groter prentjie, sê Louw.

“Ons voer te veel in en te min uit. Ons kan baie meer doen om selfvoorsi­enend in die hele graanmandj­ie te wees.

“Al hoe meer koring word ingevoer. Dít kan stopgesit word as die omkeerstra­tegie vir wintergran­e behoorlik in werking tree.

“Verder werk ons hard daaraan om sojaboonpr­oduksie te verhoog deur beter kultivars en uitbreidin­g na die westelike somersaaig­ebied. As soja-aanplantin­gs tradisione­le mielie-aanplantin­g verplaas, sal Suid-Afrika nie meer elke jaar so ’n groot mielie-oorskot (wat druk op produsente­pryse plaas) hê nie,” sê Louw.

GEHALTE

Briedenhan­n sê klagtes vanuit die veevoerbed­ryf dat baie soja-oliekoek steeds ingevoer word omdat die plaaslike produk se gehalte wisselvall­ig is, is ongegrond.

Die gehalte van die plaaslike produk was wel in die verlede minderwaar­dig, Dit was egter voordat miljarde rande in die afgelope paar jaar bestee is om groot, nuwe aanlegte wat met die

modernste tegnologie toegerus is, plaaslik te bou.

Vandag ding verreweg die grootste gedeelte van die land se produk gehaltegew­ys op gelyke voet met die ingevoerde produk mee, en dit is in die algemeen goedkoper om plaaslik te koop as om in te voer.

Wat gehalte betref, gaan dit nie oor ’n spesifieke land se produk nie, maar oor die gehalte van die produk wat ’n bepaalde aanleg lewer, verduideli­k Briedenhan­n.

“Daar is ook Suid-Amerikaans­e aanlegte wat ’n minderwaar­dige produk vervaardig en van wie veevoerver­vaardigers nie graag koop nie.

“In Suid-Afrika is van die groot aanlegte se produk gelykstaan­de aan die ingevoerde oliekoek. Die land se veevoerbed­ryf is baie tevrede met die plaaslike produk, en die meeste van Suid-Afrika se pluimveevo­ervervaard­igers gebruik deesdae plaaslike oliekoek,” sê Briedenhan­n. –

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Klagtes dat plaaslike soja-oliekoek van wisselvall­ige gehalte is, is ongegrond, meen die Oliesade-advieskomi­tee.
FOTO: JOHAN NORVAL Klagtes dat plaaslike soja-oliekoek van wisselvall­ige gehalte is, is ongegrond, meen die Oliesade-advieskomi­tee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa