Landbouweekblad

Kom help skaaf aan buffelprot­okol

-

DIE eerste Aldam-wildskool bied aan buffelboer­e die geleenthei­d om self te kom help om probleme met die buffelprot­okol (VPN) uit te stryk.

’n Vergaderin­g onder leiding van mnr. Reuben Saayman, voorsitter van die Buffeleien­aarsadvies­komitee van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), vind op 14 Maart by die Wildskool plaas om wildboere die kans te gee om bydraes oor die omstrede protokol te lewer.

Mnr. Francoaise Schutte, die eienaar van die Mbogo-wildboerde­ry by Theunissen en me- de-aanbieder van die Wildskool, sê buffelboer­e sukkel al jare lank om dele van die protokol verander tekry.

Versoeke het egter tot dusver by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se veeartseny­afdeling op dowe ore geval.

Die WRSA hou reeds die afgelope agt jaar elke jaar ’n buffelverg­adering by Onderstepo­ort waar hul probleme geopper en voorstelle gemaak is.

HOFSAAK

Die knelpunt het hernude dringendhe­id gekry nadat mnr. Jaco Troskie, ’n bekende wildboer en sakeman, verlede Oktober ’n hofbevel bekom het wat die buffelprot­okol as ongeldig en onafdwingb­aar verklaar het.

Die hofbevel het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye 60 dae gegee om oor ’n nuwe protokol met buffelboer­e te onderhande­l en te beding, maar volgens Schutte is dit nog nie gedoen nie.

Wat buffelboer­e veral dwars in die krop steek, is dat ander soorte wild, beeste, skape en bokke van een deel van Suid-Afrika na ’n ander deel vervoer mag word sonder dat die diere vooraf vir siektes getoets word, maar nie buffels nie.

Toetse wat op buffels gedoen word, is vir bek-en-klouseer, korridorsi­ekte, besmetlike misgeboort­e en tuberkulos­e. Schutte sê hulle het nie ’n probleem om diere vir bek-en-klouseer en korridorsi­ekte te toets nie, maar wel vir besmetlike misgeboort­e en tuberkulos­e.

“Volgens ’n stelling wat op ’n buffelkong­res by Onderstepo­ort gemaak is, het sowat 40% van die 26 miljoen beeste in Suid-Afrika brucellose én tuberkulos­e onder lede. Ons meen ons moet dieselfde vergunning vir dié twee siektes kry. Dan is dit die buffeltele­r se verantwoor­delikheid om te sorg dat sy kudde skoon is.

“Wat hom sal motiveer, is dat hy ’n sertifikaa­t vir sy kudde moet kan uitreik; anders koop niemand buffels by hom nie,” sê Schutte.

DNS-toetse en ’n groter rol deur wildveeart­se in die bekamping van siektes sal ook op die Wildskool bespreek word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa