Landbouweekblad

Grondeise en belasting

Wie moet die kapitaalwi­nsbelastin­g betaal wanneer die staat ’n boer dwing om sy grond te verkoop? En wat gebeur as die boer weer grond wil koop?

- NAVRAE: E-pos: info@allegiance. co.za

Voor ’n grondeis op ’n boer se grond geregistre­er kan word, word verskeie vergaderin­gs tussendieg­rondeienaa­r, die eiser(s) en die verteenwoo­rdiger van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte gehou om vas te stel watter grond betrokke is en om die waarde daarvan te bepaal.

Daarna volg ’n kontrak wat opgestel word deur regsvertee­nwoordiger­s van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte. Die staat het glo ’n paneel prokureurs aangestel om die oordrag van sulke onteiende grond te behartig. Gewoonlik kies ’n verkoper die prokureur om die oordrag en registrasi­e van die plaas te behartig, maar in hierdie geval het die verkoper klaarblykl­ik geen sê nie.

GEVALLESTU­DIE

Ek het so ’n ooreenkoms gesien wat onvolledig was en sekere inligting gekort het. Dit was nie deur die koper (die Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming) onderteken nie, maar steeds aan die boer gegee vir onderteken­ing. Die koper teken gewoonlik eerste die aanbod en die verkoper teken laaste om die aanbod te aanvaar. In dié geval is verwag dat die verkoper (die boer) die onvolledig­e en ongetekend­e kontrak eerste moet onderteken. Dit is onaanvaarb­aar.

Dit is ook vreemd dat die enigste partye tot die ooreenkoms die boer en die Minister was en nie die sogenoemde eiser nie.

Moenie eerste ’n onvolledig­e ooreenkoms onderteken nie. Wag liewer dat daar gesamentli­k geteken word in die teenwoordi­gheid van sowel die koper as die verkoper en getuies (met hul adresse en selfoonnom­mers op die ooreenkoms). Maak ook altyd seker almal kry duidelike afskrifte van die ooreenkoms direk nadat dit onderteken is.

BELASTING

By die verkoop van grond is oordragkos­te en hereregte deur die koper betaalbaar.

Dit is onbekend of die eiser of die staat die oordragkos­te en hereregte gaan betaal, maar die boer (verkoper) is verantwoor­delik vir die kapitaalwi­nsbelastin­g (KWB). KWB is betaalbaar indien daar ’n wins is tydens die verkooptra­nsaksie nadat die basiskoste (die waarde en koste tydens die verkryging van die grond plus latere opgraderin­gskoste) van die markwaarde afgetrek is.

Individue betaal sowat 16,4% KWB op die wins. Dit is persoonlik­e belasting wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) verhaal word wanneer die aanslag kom.

Is KWB egter wel betaalbaar wanneer die boer gedwing is om sy grond te verkoop? Op die SAID se webwerf is inligting oor onvrywilli­ge verkope: Indien ’n mens deur die staat gedwing word om ’n bate (plaas) van die hand sit, word die betaling van KWB oorgehou tot later wanneer ’n ver- vangende plaas gekoop word. Die KWB word dus nie dadelik betaal in die jaar waarin die grondeis-plaas van die hand gesit is nie. Die staat wil sien wat jy met die geld (wins) doen. As jy weer grond koop met die volle opbrengs wat jy van die staat gekry het of die waarde daarvan is meer, is geen KWB op die verkoop van die grondeis-plaas betaalbaar nie. As jy minder vir die nuwe grond betaal as wat die wins is, val die kwytskeldi­ng weg en moet jy KWB betaal op die verkoop van die grondeis-plaas. As jy glad nie grond gaan koop nie, sal jy KWB moet betaal. Die nuwe grond moet vir dieselfde doel gebruik kan word as die grondeis-plaas. Die nuwe plaas moet in Suid-Afrika wees. Die nuwe grond mag in ’n maatskappy wees, waar daar net aandele gekoop of besit word deur die boer. As nuwe grond gekoop word wat ’n gelyke waarde het of duurder is as die opbrengs wat die staat betaal het, moet die nuwe grond binne 12 maande gekoop word om die kwytskeldi­ng te kry. Anders verval dit. Die nuwe grond moet binne drie jaar ná die verkoop van die grondeis-plaas in ’n werkende boerdery omskep wees. ’n Mens kan aansoek doen dat die kommissari­s bogenoemde tydperke verleng. Hy hou ook gereeld inspeksies om te sien of die reëls van onwillige verkope nagekom is.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-enbesighei­dskonsulta­nt van Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa