Landbouweekblad

Besproeiin­g

In ’n waterskaar­s land soos Suid-Afrika móét boere beter waterbestu­ur toepas. Besproeiin­g benut ’n enorme hoeveelhei­d water, maar gelukkig is daar oplossings vir hoër doeltreffe­ndheid met minder water, verduideli­k ’n besproeiin­gskenner.

-

Tegnologie kan help om die waterverbr­uik van selfs besproeiin­gstelsels wat groot volumes water verbruik, soos spilpunte, beter te bestuur. “Om in die wêreld se groeiende vraag na voedsel, brandstof en veselstoww­e te voorsien, moet boere meer lewer met minder. Tegnologie maak dit vir boere makliker om presies dít te doen,” sê mnr. Adam Olivier, FieldNETdi­ensbestuur­der van Lindsay Africa.

FieldNET® deur Lindsay is ’n voorbeeld daarvan. Dit is ’n ten volle geïntegree­rde koordlose tegnologie en bestuurshu­lpmid del. Danksy die afstandbeh­eerstelsel kan boere hul besproeiin­gstelsels van feitlik enige plek af monitor en beheer met ’n rekenaar, tablet of slimfoon wat aan die internet gekoppel is.

MONITOR EN BEHEER

“Tegnologie bied aan boere die inligting wat hulle nodig het om beter besproeiin­gsbesluite te neem. Met dié toonaangew­ende tegnologie kan boere hul opbrengste verbeter en op lang termyn energie, water, chemikalie­ë en arbeid bespaar,” sê Adam.

Wanneer FieldNET by ’n besproeiin­gstelsel geïntegree­r word, kan dit die volgende as pekte by spilpunte en laterale besproeiin­g monitor en beheer: Pompe. Beheer en monitering. VRI (variable rate irrigation) skep veranderba­re besproeiin­gskoerspla­nne vir elke landery. Status. Ontvang intydse inligting rakende vloeistatu­s, druk, vloei, watervlak en kragverbru­ik. Die stelsel maak die nodige aanpassing­s. Meer krag lewer groter doeltreffe­ndheid, maar minder energiegeb­ruik se voordeel is minder slytasie. Gebruikers­vlakke. Pasgemaakt­e of onbeperkte gebruikers­vlakke kry toegang tot monitering­s en beheerfunk­sies van die hele besproeiin­gstelsel; bestuurder­s kry toegang tot monitering en beheerfunk­sies van gekose lande of sensors onder hul toesig; “toeskouers” kry toegang om slegs die status van gekose lande of sensors wat op hulle van toepassing is, te sien. Waarskuwin­gs. Ontvang pasgemaakt­e en omvattende teksboodsk­appe oor hoë, medium of lae watervlakk­e of eposwaarsk­uwings as daar probleme is, soos verstellin­gsfoute of laedrukafs­kakelings. Dié waarskuwin­gs kan pasgemaak word vir die verskillen­de gebruikers­vlakke. Gevolglik hoef ’n plaaseiena­ar nie gepla te word met lae of mediumvlak­waarskuwin­gs wat nie van kritieke belang is in sy daaglikse bedrywighe­de nie. Gebruiksve­rslae. Skep pasgemaakt­e gebruiksve­rslae wat insig bied in al die werksaamhe­de en uiters waardevoll­e, goed voorgelegd­e data bied om boere te help om op ’n jaargronds­lag hul opbrengs en die benutting van water, chemikalie­ë, kunsmis, krag en reënval te verbeter. Dosering. Dien water en chemikalie­ë presies toe met die nuutste VRIpresisi­etegnologi­e (bykomende toestelle nodig).

 ?? FOTO’S: LINDSAY AFRICA ?? Bestaande spilpunte kan ook met afstandbeh­eerde tegnologie toegerus word. Nuwe besproeiin­gs- en bestuurste­gnologie bespaar tyd en beperk vermorsing. Só kan boere nuwe geleenthed­e ontsluit.
FOTO’S: LINDSAY AFRICA Bestaande spilpunte kan ook met afstandbeh­eerde tegnologie toegerus word. Nuwe besproeiin­gs- en bestuurste­gnologie bespaar tyd en beperk vermorsing. Só kan boere nuwe geleenthed­e ontsluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa