Landbouweekblad

Veldwagter­s, renosters

Die daaglikse stryd wat veldwagter­s teen stropers voer, lei in baie gevalle tot ernstige trauma en stres.

-

en die stropers

Baviaanskl­oof. By koördinate 33° 30’ 52” Suid en 23° 48’ 55” Oos, as ’n mens van die pad af suid kyk, sien jy die rotsformas­ie wat “Renosterko­p” gedoop is. Gegewe die regte tyd van die dag wat son, weerkaatsi­ngs en skaduwees betref, lyk dit soos die profiel van ’n renoster . . . in my verbeeldin­g altans.

En ek wonder of hierdie rotsformas­ie dalk eendag die laaste monument vir die ikoniese dier, die renoster, sal wees.

BELANGRIKE EKOLOGIESE ROL

Renosters word gesien as sleuteldie­re danksy hul groot invloed op die ekosisteem. ’n Ander titel wat hul toekom, is dié van ekologiese ingenieurs, aangesien hulle help om plantegroe­i te verander wat help om ’n leefbare habitat vir ander diersoorte te skep.

Die swartrenos­ter, ’n blaarvrete­r, bekamp bosindring­ing en hou die ruigtes oop vir an- der blaarvrete­rs. Die witrenoste­r speel ’n belangrike rol in die skep van weidingsgr­asperke (grazing lawns) – lappies grond met ’n hoë voedingsto­fdigtheid waar verskeie ander grasvreter­s, soos buffels en wildebeest­e, kom besoek aflê.

STATUSSIMB­OOL

Meer as 7 100 renosters is al die afgelope dekade deur stropers doodgemaak. “Vir wat?!” gil ek in my binneste. ’n Kulturele bygeloof en valse opvatting in die Ooste, veral onder Chinese wat glo dat renosterho­ring sekere helende eienskappe besit, is die dryfkrag vir hierdie uitwissing. Renosterho­ring besit geen magiese eienskappe nie – dit is net keratien, soos in jou naels, het internasio­nale navorsers bevestig. In Viëtnam word renosterho­ring gesien as ’n absolute statussimb­ool en ’n teken van rykdom. Vroeër jare in Jemen is die handvatsel van die jambiya, ’n tipe dolk, van renosterho­ring gemaak. Dit was ’n teken wat jou status in die gemeenskap bevestig het. In 1992 het die sjeik van die Bakil-stam, Jemen se grootste en invloedryk­ste stam, een miljoen dollar vir ’n jambiya betaal.

’n Renosterho­ring behaal tans $60 000 op die swart mark. Die internasio­nale, onwettigeh­a ndel dryf in wild maak deel uit van die groter transnasio­nale misdaadnet­werk wat ongeveer $20 miljard werd is.

In ’n onlangse akademiese artikel word beweer dat indien daar nie ingryping is nie, vrylopende renosters in ’n natuurlike omgewing teen 2035 sal uitsterf.

Wildreserv­ate is stropers se hoofteiken, met die Krugerwild­tuin wat die swaarste getref word weens sy ligging naby Mosambiek. Daar is reeds menige organisasi­es wat veg vir die renosters se oorlewing.

‘WETENSKAP’ VAN STROPERY

Die veldwagter­s is tans die bewaarders van hierdie lid van die Vyf Grotes. Hulle vorm die eerste en laaste linie van verdedigin­g teen

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Na raming is meer as 7 000 renosters die afgelope dekade gestroop.
FOTO: JOHAN NORVAL Na raming is meer as 7 000 renosters die afgelope dekade gestroop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa