NOOD LEER BID
Die Tweede Wêreldoorlog se verwoesting was die saadbed vir merkwaardige innovasie. Die wêreld se eerste rekenaar is byvoorbeeld in Engeland gebou om die Nazi’ s se kommunikasie kodes te ontsyfer. Die tegnologie wat A dolf Hitler toegelaat het om vreesaanjaende vuurpyl eteen Britse stede te lanseer, het 25 jaar later ’n man maan toe geneem. Vir die landbou het die trauma onder meer die omwenteling van kunsmis uit die stikstof van plofstowwe gebaar. Nood leer bid.
Suid-Afrika het aansienlike probleme wat wyd strek. Ons het vernuwing nou bitter nodig, veral met ’n erg onstuimige klimaat wat ons swakhede so lelik blootlê. Op sommige plekke lyk die wêreld mooi, maar daar is ’n ongemaklikheid oor die reën wat vanjaar so kol-kol geval het. In dele van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat woed die droogte voort. Ons natuurlike omgewing is kwaai afgetakel. Suid-Afrika het onlangs by die Wêreld- Ekonomiese Forum ’n ontstellende punt van gemiddeld 44,73% vir die toestand van sy natuurlike hulpbronne gekry.
Die probleem raak nou ook ons stede, en die Regering het uiteindelik, ná jare se gesoebat, die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar. Intussen is die geld egter op. Die bietjie geld wat wel gebruik is om onder meer boere by te staan in die nasleep van 2016 se pakslae, het in die gees van die Zuma-era meestal in die sakke van private kontrakteurs verdwyn — tot 40% van die toegedeelde geld. ’n Mens sukkel om te verstaan watter tipe mens droogtehulpgeld kan steel.
Die geld wat wel in die begroting agtergebly het en veronderstel was om voorsiening te maak vir presies sulke ongekende nasionale terugslae (soos die voortslepende droogte) is, as ek reg onthou, geblaas op taamlik goeie salarisverhogings vir staatsamptenare. En noudat die geld op is, is Suid-Afrika se werklike probleme hier.
Aan die stuur van die Regerings e koördinerings pogings is die eendagsvlieg Des van Rooyen, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Praat van ’n lat vir jou eie gat pluk. Ons hoop ou Des is nie veel langer met ons nie.
By die Nasionale Landbou bemark i ns graad( NL B R ), wat die landbou se planne moet koördineer, staan die bedenklike Zama Xalisa aan die stuur. Hopelik sal die gedugte span wat tans bymekaargeroep word, wat die georganiseerde landbou, landboubesighede, die bankwese en die akademiese en navorsingswêreld insluit, sy impak versag. Met die vaardige Suid-Vrystaatse wolboer Harry Prinsloo as ondervoorsitter van die NLBR, bly ’n mens hoopvol.
Die oplossings vir ons probleme sal veel verder moet strek as die ooglopend noodsaaklike goed, soos om damme te bou en meer simpatieke finansiering vir boere. Ons moet elke druppel water laat tel. Ons het doeltreffender besproeiing stelsels nodig, ons opvang s gebiede moet intensiewer bestuur word( en boere moet daarvoor betaal word), ons moet beter veldbedekking kry en grond se koolstofinhoud moet drasties verhoog word om waterhouvermoë te verbeter.
Die voortslepende landbouprobleme, soos plaasaanvalle, die kosteknyptang en die bedreiging van indringerplante (soos die skrikwekkende bankrotbos) gaan ook nie oornag verdwyn nie. Inteendeel, die onlangse ontdekking van vermoedelik die gevreesde onkruiddoderweerstandige Amerikaanse onkruid Amarant h u spa l me rib y Douglas in die Noord-Kaap bewys dié punt maar net te goed.
In dié ingewikkelde omgewing wat dringende optrede vereis, is daar geen plek vir middelmatigheid nie. Dit is immers nie hoe die wêreld ’n man op die maan gekry het nie. — CHRIS BURGESS