Landbouweekblad

TWEE-BUFFELSGES­CHIET, COLIGNY

-

Vuurwapens in die 1800’s kon sonder twyfel twee buffels met een skoot doodskiet. Trouens, baie van destyds se skietgoed laat vandag se gewere soos ’n windbuks lyk, skryf Lucas Potgieter in sy rubriek “Die boer en sy roer” na aanleiding van ’n leser se vraag.

Die leser, J.T. Scott van Sunnyside in Pretoria, vertel in sy brief van die plaas Twee-BuffelsGes­chiet in die distrik Coligny, wat oorspronkl­ik in April 1866 deur die Zuid-Afrikaansc­he Republiek aan sy oorgrootji­e Albertus Petrus de Nysschen oorgedra is.

De Nysschen was volgens oorlewerin­g ’n knap skut en het by geleenthei­d twee buffels by ’n fontein op die plaas met een skoot doodgeskie­t. Dit was voordat die plaas aan hom toegeken is.

Scott skryf sy oorgrootji­e se bekwaamhei­d as skut word soms in twyfel getrek en dan word onnodig lang name, soos Twee-buffels-met-een-skootmorsd­ood-geskiet-fontein, aan die plaas toegedig.

Na aanleiding van sy oorgrootji­e se prestasie wil hy weet of die gewere van destyds wel die trefkrag gehad het om twee buffels met een skoot dood te skiet.

 ??  ?? Twaalf vroue tel onder die 63 eerstejaar­studente wat vanjaar by die Landboukol­lege Grootfonte­in, Middelburg (Kaap), ingeskryf het. Vyf van die vroue is, van links, mev. K. de Sylva van Port Elizabeth en mejj. J.C. Botha van Breërivier, L.L. Bluett van...
Twaalf vroue tel onder die 63 eerstejaar­studente wat vanjaar by die Landboukol­lege Grootfonte­in, Middelburg (Kaap), ingeskryf het. Vyf van die vroue is, van links, mev. K. de Sylva van Port Elizabeth en mejj. J.C. Botha van Breërivier, L.L. Bluett van...
 ?? Albertus Petrus de Nysschen, wat glo twee buffels met een skoot doodgeskie­t het. ??
Albertus Petrus de Nysschen, wat glo twee buffels met een skoot doodgeskie­t het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa