Landbouweekblad

PRIVATE WATERBRONN­E DALK ONTEIEN

-

Waterbronn­e op private grond, soos damme en natuurlike fonteine, kan onteien word nadat die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar is. Me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, het aangedui dat hierdie roete gevolg kan word om die waternood te verlig. Van die kommentaar van ons lesers is verkort.

FRANCOIS VILJOEN skryf: Bou nou ’n dam vir jou eie boerdery omdat die staat nie genoeg water aan jou kan verskaf nie, dan vat hy die water in jou dam omdat hyself nie damme bou nie. Maar jy het self die kapitaal beskikbaar gestel en geen sent van die Regering gekry nie. Een woord: diefstal.

ANDREW CAMERON skryf: En almal gaan dit seker toelaat. Dit sal dom wees. Hoekom het hy nie damme gebou nie? Nou wil hy sommer vat.

MANUS BOTHMA skryf: Die Regering

kan daai water maar teen ’n premie by die boere koop. Dit is nie die boere se skuld dat die Regering nie voorsienin­g gemaak het en kapitaal belê het in infrastruk­tuur nie. Die boere het voorsienin­g gemaak en hulle moet dus voordeel trek uit die kapitaalbe­leggings wat hulle gemaak het.

JOHAN BOSHOFF skryf: Die dwase maagde het nie voorsienin­g gemaak nie. Nou gryp die Regering na goed waarvoor hy nie betaal het nie.

ANNA VENTER skryf: As hulle

nou ons water vat, waarmee moet ons die boerdery aan die gang hou?

GERHARD KOTZÉ skryf: Daardie boere in die Kaap se heldedaad is nou omgeswaai in verdere stappe wat tot die kommersiël­e landbou se ondergang sal lei. Wat ’n tragedie.

MARTIN ZAAYMAN skryf: En wie verwag hulle moet die damme in stand hou?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa