Landbouweekblad

ZAMBIË | Koppe gaan rol oor insetsubsi­die

- — African Farming

Me. Dora Siliya, voormalige minister van landbou in Zambië, het kort voor haar herontploo­iing die “grootste afdanking van mense in die ministerie van landbou” belowe oor vertraging­s in die uitbetalin­g van die 2017-’18 Farmer Input Support Programme, ’n steunprogr­am wat deur middel van nuwe elektronie­se bewyse geskied.

Teen verlede week het 100 000 kleinboere nog gewag op produksiem­iddele sodat hulle kan plant. Die Zambiese boere-unie spreek reeds maande lank sy kommer uit oor die uitwerking wat dié probleme op voedselsek­erheid gaan hê.

Verlede jaar se mielie-oes was 3,6 miljoen ton, wat 25% groter was as die vorige jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa