Landbouweekblad

TRAE STAAT KÓS WITZENBERG-BOERE

- — LUCILLE BOTHA

VERTRAGING­S met die onderverde­ling van grond het begunstigd­es van die Witzenberg PALS-grondhervo­rmingsproj­ek (Partners in Agri Land Solutions) reeds twee jaar se oeste ontsê. Die impak van die huidige droogte sou baie kleiner gewees het as permitte vir damme tydig toegestaan was.

Dít is van die redes waarom dié projek se bestuur dit nou oorweeg om die Regering voor die Grondwetho­f te daag. Die bestuur wil betrokke staatsdepa­rtemente op dié manier dwing om hul grondwetli­ke verpligtin­ge jeens begunstigd­e boere na te kom.

PALS is ’n private inisiatief wat nie finansieel deur die Regering bygestaan word om grond te koop en oordragte te finansier nie. Dit het in die Witzenberg­vallei rondom Ceres ontstaan, maar intussen ook na ander streke uitgebrei.

Bykans 50 grondproje­kte in die Wes-Kaap kon al aan die gang gewees het as staatsdepa­rtemente beter saamgewerk het, lui die mees onlangse Witzenberg PALS-nuusbrief. Daarvolgen­s het vertraging­s met onderverde­lingsaanso­eke, water- en kragpermit­te, asook ander goedkeurin­gs die inwerkings­telling van projekte vertraag.

“Ons gaan nie weer drie jaar vir staatsdepa­rtemente wag om niks te doen nie, maar ons gaan op vernuwende wyse aanhou om projekte in werking te stel. Ons hoop dat so ’n aansoek (by die Grondwetho­f) nie nodig sal wees nie en dat ons nuwe politieke rigtinggew­ers betyds die sweep sal klap om staatsdepa­rtemente reg te ruk.”

BAIE BEREIK

Die organisasi­e beskou dit steeds as “wesenlike vordering” dat hulle in drie jaar die PALS-raamwerk behoorlik kon toets, volhoubare projekte vir swart boere saamgestel het en meer as 12 nuwe landboubes­ighede staangemaa­k het.

“Dit is wesenlike vordering, veral vergeleke met die talle mislukking­s wat landwyd met belastingb­etalersgel­d gefinansie­r is en nie meer doeltreffe­nd tot voedselsek­erheid bydra nie.”

Slegs 12 van hierdie projekte kon tot dusver van stapel gestuur word. Die betrokkene­s hou duim vas dat ’n verdere ses projekte binne die volgende ses maande afgehandel sal word.

“Dit is ver benede ons verwagting­e, en hoewel PALS landwyd beny sal word vir die 15 LRAD-projekte (waarin werknemers aandele hou in plase en boerderybe­drywighede) en 12 nuwe PALS-projekte, sou ons graag nou reeds die meerderhei­d PALS-projekte geïmplemen­teer wou hê,” lui die nuusbrief.

Boere en swart begunstigd­es is glo “uiters gefrustree­rd” omdat dit ’n verlies aan geleenthed­e vir ’n nuwe geslag opkomende boere beteken.

‘Ons gaan nie weer drie jaar vir staatsdepa­rtemente wag om niks te doen nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa