Landbouweekblad

GEEN GELD VIR CLANWILLIA­MDAMWAL

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Departemen­t van Water en Sanitasie het nie geld om voort tegaanomdi­ewalvandie­Clanwillia­mdam te verhoog nie, aldus me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap.

In haar rubriek in Daily Maverick skryf Zille dat me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, onlangs dié inligting deurgegee het tydens ’n vergaderin­g in die provinsie.

Die departemen­t het in die boekjaar 2013-’14 R2 miljard gekry om die damwal te verhoog. Nadat die departemen­t se geldnood verlede jaar bekend geword het, het me. Pamela Tshwete, Adjunkmini­ster van Water en Sanitasie, die versekerin­g gegee dat sekere nuwe projekte, soos die Umzimvubud­am en die Clanwillia­mdam, nie gestaak sal word nie.

“Hierdie projekte sal nie gestaak word nie. Ons gaan seker maak ons doen die werk daar.”

Diedeparte­menthetges­êdie plan is om die houvermoë van die Clanwillia­mdam tot 240 miljoen kubieke meter te vergroot deur die wal hoër te maak.

Dit sal waterseker­heid in die Sederberge en die Matzikamag­ebied verbeter en beteken dat duisende hektaar bykomende landbougro­nd besproei sal kan word.

Die departemen­t se begroting vir die ontwikkeli­ng van waterinfra­struktuur is R12,2 miljard en sy totale begroting vir 2017-’18 is R15,1 miljard.

Om sy geldelike nood te verlig, wil die departemen­t munisipali­teite se versnelde gemeenskap­sinfrastru­ktuurproje­kte en die infrastruk­tuurtoelaa­g vir waterdiens­te waarmee nog nie begin is nie, uitstel. Hy wil die geld gebruik om die R1,5 miljard wat aan kontrakteu­rs verskuldig is, te betaal.

Zille het in haar skrywe gesê dat werk aan die Clanwillia­mdam gestaak is omdat die departemen­t besluit het om ’n tenderpros­es in te stel.

TENDER NIE TOEGEKEN

Landbouwee­kblad het verlede jaar berig dat werk aan die damwal in September 2016 gestaak is. Sedertdien is geen verdere konstruksi­ewerk gedoennie.

Zille het gesê ’n tender is toe nooit toegeken nie.

Die proses het einde Desember tot stilstand gekom omdat die departemen­t nie genoeg geld gehad het om ’n suksesvoll­e bieër aan te stel nie.

Die bou-eenheid van die departemen­t het aanvanklik die hele projek behartig.

Die departemen­t wil die geld gebruik om die R1,5 miljard wat aan kontrakteu­rs verskuldig is, te betaal.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die Clanwillia­mdam was middel verlede jaar net kwart vol. Teen druktyd was die damvlak maar 11,4%.
FOTO: AMELIA GENIS Die Clanwillia­mdam was middel verlede jaar net kwart vol. Teen druktyd was die damvlak maar 11,4%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa