Landbouweekblad

A. PALMERI SE OPMARS OOR AMERIKA

-

Amaranthus palmeri (S. Watson) is ’n eenjarige, someronkru­idsoort, en een van 75 spesies in die familie Amaranthac­eae wat wêreldwyd voorkom.

A. palmeri (algemene name: Palmer amaranth; careless

weed) is inheems aan die noordelike dele van Mexiko en die suidwestel­ike dele van

Amerika. Oor die afgelope dekade het dit vinnig versprei na ander dele van Amerika deur die vervoer van saad en landboutoe­rusting, asook landboupra­ktyke.

Weens sy uiters nadelige effek by katoen, mielies en soja word die plant in die deelstate Delaware, Minnesota en Ohio wetlik geklassifi­seer as onwettige, skadelike onkruid. Soortgelyk­e klassifika­sie word ook oorweeg in ander state.

In 1995 is die plant net in

twee suidelike deelstate as die skadelikst­e onkruid by katoen beskou. Teen 2009 was dit die skadelikst­e in nege suidelike deelstate by katoen en die tweede skadelikst­e onkruid by soja. Teen 2014 was dit die ekonomies belangriks­te onkruidspe­sie in Amerika by katoen, mielies én soja.

Dit is in 2016 ook die eerste keer in Argentinië aangetref. Verskeie Amaranthus­spesies kom in Suid-Afrika voor – sommige inheems en ander uitheems, maar almal nou algemeen. Die plante is algemeen bekend vanweë hul hoë voedingswa­arde; die algemene tradisione­le naam vir plante met hierdie nut is marogo of marog. Sommige spesies, soos

A. hybridus (misbredie of hanekam), is probleempl­ante in gewaslande waar hulle bekamp moet word om opbrengsve­rliese te voorkom, maar van hulle word ook verbou as voedselbro­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa