Landbouweekblad

BEDRYF GOOI WAL TEEN VRUGTEVLIE­G

- — LUCILLE BOTHA

DIE vrugtebedr­yf was slaggereed vir die verskyning van die uitheemse indringerv­rugtevlieg Bactrocera invadens in die WesKaap. Verskeie pogings is aan die gang om te keer dat dié verwoesten­de plaag homself in die provinsie vestig.

’n Enkele manlike indringerv­rugtevlieg is op 31 Januarie by Grabouw in ’n lokval gevind. Kort daarna, op 6 Februarie, is ’n vroulike indringerv­rugtevlieg in dieselfde lokval gevind. Albei se identiteit is deur polimerase-kettingrea­ksie (PCR) bevestig. ’n Derde indringerv­rugtevlieg is op 14 Februarie sowat 6 km van die eerste opsporings­punt in ’n lokval gevind.

Vrugtehand­el in die provinsie word tans nie geraak nie.

Mnr. Hugh Campbell, hoofbestuu­rder van Hortgro Science, sê hul gewasbeske­rmingsprog­ram het sedert 2005 navorsing gedoen om voorbereid te wees op die moontlike voorkoms van dié vrugtevlie­g in die Wes-Kaap.

B. invadens, wat groot skade

kan veroorsaak as dit nie bekamp word nie, kom uit Asië en is in 2003 die eerste keer in Kenia opgemerk. Daarna het die vlieg ook in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en dele van KwaZuluNat­al gevestig geraak.

“Dit is ’n ontwykende vrugtevlie­g wat aansienlik­e skade kan veroorsaak as dit nie bekamp word nie. Dit verkies mango’s as gasheer, maar het ’n wye reeks ander gashere. Ons doen alles om te keer dat die vlieg homself vestig,” sê Campbell.

Ander gashere sluit in koejawels, papajas, appels, pere, appelkose, perskes, kersies, druiwe, grenadella­s, soetrissie­s, tamaties en lede van die familie Cucurbitac­eae.

MAATREËLS

Campbell sê daar is sowat 1 400 monitering­slokvalle net in die gebied van Elgin, Grabouw, Vyeboom en Villiersdo­rp. Dit vorm deel van FruitFly Africa se gebiedswye monitering­s-en-bekampings­plan teen vrugtevlie­ë en word deur die departemen­t ondersteun.

“Die nasionale aksieplan is in werking gestel onmiddelli­k nadat die eerste indringerv­rugtevlieg gevang is. Alle boere en pakskure in die omgewing is in kennis gestel en ’n gebied (5 km radius) om die lokval is in kwarantyn geplaas,” sê Campbell.

Die doelwit is om die probleemge­bied te isoleer en die bron van besmetting te vernietig.

Dit beteken ’n permit word benodig om die gasheermat­eriaal na ’n plaagvrye gebied te vervoer. FruitFly Africa het ook met ’n opname begin om die potensiële verspreidi­ng van die vrugtevlie­g te identifise­er. Boere en FruitFly Africa pas ook weeklikse bestryding­smaatreëls toe.

As daar 12 weke lank (of drie generasies van die vrugtevlie­g) nie weer ’n indringerv­rugtevlieg in een van die lokvalle opduik nie, sal die kwarantynm­aatreëls opgehef word.

Volgens Campbell het hulle in die streke waar die indringerv­rugtevlieg wel gevestig het, geleer dat dit suksesvol bekamp kan word in kommersiël­e boorde. “Daar is koste aan verbonde, maar die plaag het groot skade aan mango’s in die informele sektor en huistuine aangerig in gebiede waar geen maatreëls geld nie.”

Die departemen­t het ’n beroep gedoen dat geen vrugte van die kwarantyng­ebiede na nie-kwarantyng­ebiede vervoer word sonder die nodige permit nie (ingevolge regulasie 110 van die Wet op Landboupla­e [Wet 36 van 1983]). Die lokval-emmers langs die paaie in produksieg­ebiede moet ook nie verwyder word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa