Landbouweekblad

WOORDFEES | Groot geeste bespreek landboubra­ndpunte

-

Leierboere, bedryfslei­ers en akademici gaan tydens die US Woordfees in Stellenbos­ch die afgelope eeu van die landbou onder die loep neem en terselfder­tyd ’n blik werp op die toekoms van die bedryf.

Die fakulteit landbouwet­enskappe was een van die eerste departemen­te wat gestig is toe die Universite­it Stellenbos­ch (US) in 1918 tot stand gekom het. Sedertdien het die universite­it, landbounav­orsingsgen­ote en die boere in die distrik daartoe bygedra dat Stellenbos­ch in die afgelope 100 jaar tot een van die spilpunte van die Suid-Afrikaanse landbou ontwikkel het.

Die eerste vier sessies van die landboudeb­at tydens die Woordfees handel onderskeid­elik oor die wyn-, vrugte- en veebedryf en landboueko­nomie. Die gespreklei­ers is Lucille Botha, assistentr­edakteur van Land

bouweekbla­d, en proff. Mohammad Karaan van die fakulteit landbouwet­enskappe by die US en Johann Kirsten, direkteur van die buro vir ekonomiese navorsing aan die US.

In die laaste sessie op 9 Maart sal prof. Andreas van Wyk, voormalige rektor van die US, met Karaan, voormalige dekaan van die fakulteit landbouwet­enskappe, en prof. Danie Brink, huidige dekaan, in gesprek tree.

Die bespreking­s is van 5 tot 9 Maart om 14:30 by Bloekomhoe­k (op die hoek van Ryneveld- en Victoriast­raat, Stellenbos­ch). Toegang is gratis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa