Landbouweekblad

VENESIË SE GONDELIERS DRA WEER WOL

-

VENESIË se gondeliers gaan vir die eerste keer in dekades weer wol dra nadat die Australies­e bemarkings­liggaam Australian Wool Innovation (AWI), die Wolmerk-maatskappy (TWC) en Emilio Ceccato, die amptelike klereversk­affer van die gondeliers­vereniging, saamgewerk het om nuwe woluitrust­ings aan die gondeliers te voorsien.

Gondels word reeds sedert 1 200 v.C. gebruik om mense deur die kanale van dié beroemde Italiaanse stad te vervoer en is vandag een van die grootste toeriste-aantreklik­hede. Daar is 433 geregistre­erde gondeliers.

Die kwota vir gondeliers­lisensies is vasgepen en lisensies kan net van pa na seun of dogter oorgedra word. Die lisensie kan slegs verkoop word as daar geen nasaat is nie.

Die plan om die gondeliers te gebruik om wol te bevorder, het twee jaar gelede ontstaan toe mnr. Stuart McCullough, uitvoerend­e hoof van die AWI, vir ’n vergaderin­g

met die Wolmerk-maatskappy se strategies­e raadgewer in Venesië was. Sy hotel het op die groot kanaal uitgekyk met ’n opklimpunt reg voor die hotel waar die gondels toeriste op- en afgelaai het.

Hulle het Emilio Ceccato genader en in September verlede jaar is ’n reeks woluitrust­ings vir gondeliers bekend gestel. Die reeks bestaan uit onder meer ’n polohemp, ’n langmoutru­i en ’n opgestopte, moulose baadjie van ’n waterweren­de wolstof wat met wol gestop is. Die uitrusting­s is in die tradisione­le kleure van vlootblou, rooi en wit strepe.

Die logo van die gondeliers­vereniging en ’n groot wolmerk pronk op elke kledingstu­k. Die grootste bevorderin­gsaspek is dat die publiek ook dié kledingstu­kke in ál die takke van Emilio Ceccato kan koop of van sy webtuiste by www.emiliocecc­ato.com kan bestel.

As deel van sy kontrak sal Emilio Ceccato elke jaar nuwe uitrusting­s aan die gondeliers verskaf. Die reeks sal later uitgebrei word om katoen en ander stowwe te vervang en selfs T-hempe van wol aan die gondeliers te verskaf.

 ?? FOTO: THE WOOLMARK COMPANY ?? Venesië se gondeliers dra deesdae wol. Hier is een van die mooi, gestreepte truie met blou of rooi strepe wat beskikbaar is. Die gondeliers­vereniging se logo word op die bors vertoon en ’n wolmerk op die mou. Die publiek kan ook van dié truie koop.
FOTO: THE WOOLMARK COMPANY Venesië se gondeliers dra deesdae wol. Hier is een van die mooi, gestreepte truie met blou of rooi strepe wat beskikbaar is. Die gondeliers­vereniging se logo word op die bors vertoon en ’n wolmerk op die mou. Die publiek kan ook van dié truie koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa