Landbouweekblad

PROEF WYS KUNSMISAAN­BEVELINGS DALK TE HOOG

- — MARLEEN SMITH

Gesaaides wat ’n kunsmistoe­diening met geen ander element as die aanbevole hoeveelhei­d stikstof (N) gekry het, kan beter opbrengste lewer as gesaaides wat volgens die volledige NPK-toediening bemes is. Trouens, sojabone wat met net die helfte van die aanbevole N bemes is, kan byna dieselfde opbrengs lewer as sojabone wat die volle dosis N ontvang het.

Só wys drie jaar se data in ’n bemestings­proef op ’n herlewings­landbouboe­r se plaas in Suid-Carolina, Amerika.

Mnr. Carl Coleman, wat buite die stad Dillon boer, het met prof. Buz Kloot, grondgeson­dheidkenne­r, saamgewerk om op sy plaas navorsing te doen oor of amptelike bemestings­riglyne nie te hoog is nie as dekgewasse ’n vaste komponent van ’n saaiboerde­ry vorm.

Buz, ’n oud-Namibiër wat nou in Amerika woon en werk, is internasio­naal bekend vir sy bydrae tot die bevorderin­g van herlewings­landbou. Hy het ’n ruk gelede meer as $5 000 (sowat R62 000) op die skarefinan­sieringswe­btuiste gewerf vir die navorsings­projek op Carl se plaas.

Buz verduideli­k dat die meeste amptelike bemestingr­iglyne vir Amerikaans­e boere, wat deur staatsdepa­rtemente ontwikkel is, dertig jaar of ouer is. “Dit is gegrond op die siening dat grond net ’n medium is waarin plante verbou kan word. Dertig tot veertig jaar gelede was dit dalk geldig, maar namate geenbewerk­ing en die gebruik van dekgewasse toegeneem het, het baie boere hierdie opvatting begin bevraagtek­en.”

Die jongste verwerkte data vanaf die proefperse­le op Carl se plaas sluit twee jare se koringoest­e (2015 en 2017), twee jare se sojaboonoe­ste (2015 en 2017) en een jaar se mielie-oes (2016) in. Op geen van die proefperse­le het die aanvanklik­e grondtoets­e voordat geplant is, gebrekkige vlakke van N, fosfor (P) of kalium (K) uitgewys nie.

Carl doen geenbewerk­ing en verwyder geen oesreste van die land nie. Ná sy mielie-oes in Augustus plant hy ’n somerdekge­wasmengsel van gras, erte, radyse en sonneblomm­e. Ná sojabone plant hy ’n wintermeng­sel van Abruzzi-rog, korog, klawer en wieke, asook radyse as dit nog vroeg genoeg is. As die dekgewaspl­anttyd laat in die produksiej­aar is, pas hy hierdie dekgewasme­ngsel dienooreen­komstig aan.

Hy meng self die dekgewassa­ad met ’n menger op die plaas.

Vier verskillen­de bemestings­programme is op elk van die proefperse­le gevolg: Die volle aanbevole N en K (volgens die plaaslike universite­it se aanbevelin­gs). Die volle N, maar geen K. 50% van die aanbevole N, maar geen K. 66% van die aanbevole N, maar geen K. Telkens was die persele waar geen ander bemesting as stikstof toegedien is nie, die opbrengswe­nners. Sojaboonpe­rsele waarop die stikstofto­edienings met onderskeid­elik die helfte en ’n derde verminder is, het ook relatief na aan dieselfde opbrengs as op persele met ’n volle N-dosis gelewer. Die TABEL toon die jongste resultate. Oor een aspek van die proefuitsl­ae – die K-resultate – krap die kenners nog kop, sê Carl. Op die persele waar K volgens die universite­itsaanbeve­lings toegedien is, was die eindvlakke van dié element in die grond ná drie jaar se toediening­s minder as toe met die proewe begin is. Op die persele waar geen K in die drie jaar toegedien is nie, was die K-eindvlakke hoër. “Moeilik om te verduideli­k, maar interessan­te inligting,” sê hy.

“Die (kunsmis)bedryf vertel ons al jare lank dat ons die voedingsto­wwe uit ons grond ‘myn’ as ons nie kunsmis toedien nie. Hulle waarsku dat ons dalk ’n jaar of twee daarmee kan wegkom, maar dat die vlakke gaan daal en dat dit dan twee keer so lank gaan duur om dit weer op te bou,” sê Carl.

Hy hoop dat die proewe anders sal bewys. Kom leer later vandeesmaa­nd meer oor herlewings­landbou op Landbouwee­kblad se jaarlikse konferensi­e in Reitz in die OosVrystaa­t. Die hoofspreke­r is Jay Führer. Sien

vir die volledige program.

 ?? FOTO: PEE DEE AG NEWS-BLOG ?? Mnr. Carl Coleman in een van sy dekgewasla­nde buite Dillon in die Amerikaans­e deelstaat Suid-Carolina.
FOTO: PEE DEE AG NEWS-BLOG Mnr. Carl Coleman in een van sy dekgewasla­nde buite Dillon in die Amerikaans­e deelstaat Suid-Carolina.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa