Landbouweekblad

NUWEKANOLA­KULTIVARS VIR MEELMARK OP PAD

-

Hoëproteïe­n-kanolameel kan binnekort nuwe deure vir dié gewas op die wêreldmark oopmaak, meen mnr. Chris Nowlan, bemarkings­bestuurder vir kanolaprod­ukte by die maatskappy Dow AgroScienc­es.

Suid-Afrikaanse boere, wie se kanola deur die Soill-aanleg in Swellendam tot olie en meel verwerk word, kan ook baat vind.

Chris skryf in ’n nuusbrief van die tydskrif Seed World kanola is ’n baie goeie oliegewas. Oesopbreng­ste het die afgelope tien jaar sterk gegroei sodat dit deesdae ’n hoogs winsgewend­e kommersiël­e gewas vir boere in lande soos Kanada en Amerika is. Tradisione­le kultivars se kanolameel het egter ’n hoë veselinhou­d. Hoewel dit baie geskik is as voerbestan­ddeel vir herkouers, soos in die melkbedryf, kan die produsente van monogastri­ese lewende hawe, soos varke, dit nie doeltreffe­nd benut nie. Plantteler­s het egter die afgelope paar jaar hard gewerk om kanolakult­ivars te ontwikkel wat ’n hoër proteïenin­houd en ’n laer veselinhou­d het. Dié saad is nou naby aan kommersiël­e beskikbaar­heid en die meel van hierdie kultivars behoort goed met byvoorbeel­d sojameel te vergelyk. Die proteïenin­houd behoort sowat 44% te wees. Dit is soortgelyk aan dié van sojameel en sowat 37% meer as wat konvension­ele kanolameel bevat.

Dít kan wêreldwyd nuwe markruimte vir kanola op die veevoermar­k open, sê Chris.

— MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: FR.CANOLACOUN­CIL.ORG ?? Meel van tradisione­le kanolakult­ivars is hoog in proteïene, maar ook in vesel, wat dit ongeskik vir die monogastri­ese voerbedryf maak.
FOTO: FR.CANOLACOUN­CIL.ORG Meel van tradisione­le kanolakult­ivars is hoog in proteïene, maar ook in vesel, wat dit ongeskik vir die monogastri­ese voerbedryf maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa