Landbouweekblad

DRIE KWESSIES VAN BIOLOGIESE MIDDELS

-

Die aanvanklik­e prys wat betaal moet word om biologiese beginsels met ’n boerdery te integreer, is hoër as om nuwe chemiese middels te gebruik, sê mnr. Gottlieb Venter. Namate jy egter die proses leer ken en die dividende van die belegging in die grond jou begin loon, raak dit nie net goedkoper nie, maar ook lonender as die chemiese alternatie­f.

Drie aspekte van die integrasie van biologiese middels is aanvanklik duur en moeilik.

Finansieel. Wanneer jy dekgewasse aanplant, moet jy ’n derde van jou landerye onttrek om ’n dekgewas te vestig en in te werk. Dit beteken dat sekere landerye drie tot vier maande lank nie ’n inkomste gaan inbring nie.

Anders as chemiese middels is biologiese praktyke ’n moeilike soort boerdery en aanvanklik duur. Hoe langer jy dit egter doen, hoe meer begin die lewe in die grond vir jou werk. Uiteindeli­k is jou opbrengs volhoubaar hoër en van ’n beter gehalte, en jou insetkoste laer omdat dit nie meer aanhoudend nodig is om kunsmis toe te dien nie.

Die integrasie­tydperk, asook die tyd wat dit kos om finansieel sin te maak, sal afhang van die mate waartoe jou grond se biologiese lewe en diversitei­t uitgeput is.

Logistiek. Jy moet ’n klomp toediening­smetodes en praktyke aanleer om die biologiese middels ordentlik toe te dien. Jy moet humate- en fulviensuu­rbrousels maak as dit die roete is wat jy volg, jy moet dit reg kan toedien op die regte tye, jy moet binne-in dekgewasse kan plant, jy moet tenks en mengers hê en jy moet chemiese middels op die regte tye toedien sonder om die biologie in die grond skade te berokken. Die korrekte na-behandelin­g is ook nodig op die regte tye. Dit is dus ’n aanpassing en ’n ingesteldh­eid wat jy eers moet aanleer.

Teoreties. Jy moet die teorie verstaan en ’n begrip hê van hoe die biologie in die grond funksionee­r. Tydsbereke­ning is allerbelan­grik. As jy weet wanneer om ramnas plat te sny en in te werk, kan die maksimum doeltreffe­ndheid van die berokingsa­ksie benut word. Jy moet ook besef jy gaan nie kitsresult­ate sien nie. Aanvanklik is dit moeilik om die uitwerking van biologiese stelsels klinkklaar te bewys.

As jy eers verstaan hoe dit werk, sal jy kan volhard en nie ná die eerste struikelbl­ok, soos om ’n derde van jou boerdery uit produksie te haal om dekgewasse te plant, moed opgee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa