Landbouweekblad

UITPAKSYFE­R VERBETER MET 50%

-

Mnr. Gottlieb Venter verduideli­k hoe hy te werk gegaan het om ’n 90%-uitpaksyfe­r te behaal in grond wat slegs ’n paar jaar gelede vrot van die aalwurms was en slegs ’n 60%-uitpakpers­entasie kon oplewer.

Grondvoorb­ereiding. ’n Dekgewas bestaande uit bladramnas, voersorghu­m en hawer of ’n kombinasie van akkerbone of mielies en rape word fyn gekerf en vlak ingeploeg. Die stappe moet so gou moontlik ná mekaar plaasvind om soveel moontlik plantensie­me te behou. Hoe vinniger die inwerkaksi­e plaasvind, hoe korter is die stikstof-negatiewe periode en hoe groter is die koolstofto­ename in grond.

Die kalkregste­llings word altyd 4% hoër as die ideale basisversa­diging van kalsium (Ca) aanbeveel en toegedien. Met die kalktoedie­ning dien Gottlieb 20 liter Mos Woema en 25 kg humate per hektaar toe. Dit word ingewerk en dan natgemaak (van 5 mm tot 10 mm besproeiin­g, na gelang van die grondvogst­atus). Gottlieb plant sowat drie tot vier weke ná hierdie toediening.

Tydens plant. ’n Ekstra 30 kg humate per hektaar (in korrelvorm) word op die wortelplan­trye uitgestroo­i tydens plant. Dan word ’n mengsel van Mos Nema (aalwurm), Mos Phito (grondpatog­ene), Mos Tricho (plantimmun­iteit), fulviensuu­r en vis-emulsie teen 20 liter per middel per hektaar deur die spilpunt of met ’n trekker en balkspuit toegedien.

Tydens groeityd (90 dae lank). Blaarmonst­ers word vanaf week drie ontleed. Na gelang van die uitslae word regstellin­gs deur blaarvoedi­ng gedoen. Plante word sodoende gestimulee­r om die beskikbare basisvoedi­ng in die grond beter te benut.

Biologiese plaagbestr­yding. Deur geïntegree­rde plaagbestr­yding toe te pas word bepaal met watter stappe en teen watter dosis teen watter plaag opgetree moet word. ■ Teen aalwurm dien Gottlieb met ’n balkspuit ekstra Mos Nema (20 liter/ha) en fulviensuu­r (10 kg/ha) toe. ■ Teen bakteriese roes dien Gottlieb kopersulfa­at (CuSO4) teen 2 kg/ha saam met Super Sulph teen 5 liter/ha toe. ■ As die eerste besmetting van Alternaria spp. gewaar word, dien Gottlieb Mos Phito, Mos Tricho, humate (5 kg/ha) en vis-emulsie toe. Biologiese behandelin­g kan afgewissel word met chemiese behandelin­g na gelang van die intensitei­t van die besmetting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa