Landbouweekblad

VELDDAG VIR BOERE IN NAMAKWALAN­D

-

Veeboerder­y is een van die belangriks­te ekonomiese aktiwiteit­e in Namakwalan­d, dog die produktiwi­teit van weiveld is onder druk.

Namakwalan­d lê in die Sukkulente-Karoo, een van 25 biodiversi­teitsbrand­punte in die wêreld. Biodiversi­teitsbrand­punte is gebiede wat ’n hoë mate van biodiversi­teit huisves, maar wat ook onder groot druk verkeer.

Boere en navorsers is bekommerd oor die agteruitga­ng van weipotensi­aal en biodiversi­teit. Die huidige droogte vererger die agteruitga­ng.

Landbouwee­kblad en die Kamieskroo­n-boereveren­iging hou in Maart ’n praktiese velddag in Namakwalan­d om boere te help om hul veld beter te verstaan, te benut en te bestuur. Die velddag is op Vrydag 9 Maart vanaf 09:00.

Sprekers wat demonstras­ies van veldrestou­rasiemetod­es en gesprekke oor die eienskappe van plante met boere sal lei, is: ■ Me. Annelise le Roux, plantkundi­ge en skrywer van Wild flowers of Namaqualan­d, een van die Botaniese Vereniging se gewilde veldblomgi­dse; ■ Me. Halcyone Muller, bestuurder van restourasi­e en boerdery by Conservati­on Internatio­nal, en ■ Mnr. Ben-Jon Dreyer, grondonder­handelaar by die Wilderness-stigting Afrika.

Almal kom saam op die plaas Brakkies, by Kamieskroo­n, voordat veld toe vertrek word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa