Landbouweekblad

KENNERS PRAAT OP OTTOSDAL

- Landbouwee­kblad

Die sleutelrol wat diversitei­t in herlewings­landbou speel, is vanjaar die hooftema van Ottosdal in Noordwes se bewaringsl­andboukonf­erensie, wat op 13 en 14 Maart op dié dorp gehou word.

gee elke jaar ’n kontantpry­s aan die beste spreker.

Die ekonoom dr. Roelof Botha sal praat oor die ekonomiese vooruitgan­g wat vanjaar wink.

Prof. Johnnie van den Berg, insektekun­dige van die Noordwes-Universite­it, en mnr. Chris Dannhauser, veteraan-weidingkun­dige, sal albei oor diversitei­t praat.

Mnr. Gerrie Trytsman, dekgewaske­nner van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR), sal die jongste resultate van die distrik se dekgewaspr­oewe bespreek.

Dr. André Nel, onafhankli­ke navorser en voorheen van die LNR, sal praat oor die raad se jare lange bewaringsl­andbouproe­we.

Ander sprekers is dr. Hendrik Smith, bewaringsl­andboukoör­dineerder by Graan SA, mnr. GP Schoeman van Agrisol, wat praat oor grondontle­dings, en mnr. Hennie du Toit, weidingkun­dige van Obaro, wat praat oor hoëdrukbew­eiding in Noordwes.

Boeresprek­ers is mnre. Izak Dreyer van Vrede, Koos Bezuidenho­ut van Migdol, Wynn Dedwith van Parys, George Steyn van Ottosdal en Wouter Hugo van Coligny. ■ NAVRAE: Me. Chandré Rudolph, e-pos: rudolphcha­ndre @gmail.com; sel 082 075 3214.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa