Landbouweekblad

BIOLOGIESE OPLOSSINGS VIR TUINIERS, BOERE

-

Livingseed­s, ’n saadmaatsk­appy met sy hoofkantoo­r in Henley-on-Klip in die Vaaldrieho­ek, verkoop benewens erfenisgro­ente nou ook goggas wat as natuurlike vyande teen siektes en plae ingespan kan word.

Dié nuwe produkte, die resultaat van ’n vennootska­p met die maatskappy BioBee, is geskik vir tuiniers en kleinboere. BioBee bedien onder meer vrugte- en groenteboe­re met oplossings vir biologiese bekamping as deel van ’n geïntegree­rde plaagbestr­ydingsprog­ram.

Vroeër het dit vir huistuinie­rs en kleinboere, wat nie soos groot kommersiël­e boere honderde houers van een inseksoort wil bestel nie, nie ekonomies sin gemaak om hierdie insekte aan te skaf nie. Nou kan BioBee en Livingseed­s met hul gesamentli­ke koopkrag dit teen bekostigba­re pryse in klein hoeveelhed­e verskaf, volgens die maatskappy.

Bestelling­s word tot die laaste Maandag van elke maand geneem. Die meeste van die insekte word uit Israel ingevoer, en besendings kom op die eerste of tweede Woensdag van die maand in Suid-Afrika aan. Op dieselfde dag word dit na Livingseed­s-klante uitgestuur.

Die maatskappy waarsku daar moet genoeg van die korrekte teikenspes­ie vir die voordelige insekte wees om op te voed. Die voordelige insekte sal ook maklik vrek op plante wat binne die afgelope twee maande met chemiese middels behandel is. Min van hulle kan op ander voedselbro­nne, soos stuifmeel of ander soorte insekte, oorleef.

Livingseed­s het ook nie ’n roofinsek teen elke plaag nie. Maak dus seker dat jy die regte produk kies. PRYS: R84 tot R1 867, plus koerierkos­te.

 ?? FOTO: LIVINGSEED­S ?? BioBee en Livingseed­s se BioAnagyru­sparasiet bestry wolluis.
FOTO: LIVINGSEED­S BioBee en Livingseed­s se BioAnagyru­sparasiet bestry wolluis.
 ?? FOTO: LIVINGSEED­S ?? BioAnaphid­ius van BioBee beveg die groen perskeluis.
FOTO: LIVINGSEED­S BioAnaphid­ius van BioBee beveg die groen perskeluis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa