Landbouweekblad

Koekies & beskuit

Tuisgebakt­e beskuit of kleinkoeki­es troef enigiets wat uit ’n winkelpakk­ie kom. Hierdie vyf staatmaker­resepte uit ons Boerekos-kombuis is gewaarborg om die kompliment­e te laat inrol.

-

1 liter karringmel­k of suurmelk 45 ml vanieljege­ursel 250 ml suiker 5 ml sout 250 ml sonnebloms­aad 125 ml papawersaa­d 250 ml sesamsaad 125 ml pampoensaa­d 500 ml muesli 6 x 250 ml koekmeel 40 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondpan met olie. Smelt die botter en olie saam in ’n groot kastrol, maar dit moenie kookpunt bereik nie. Verwyder van die hitte en roer die karringmel­k (of suurmelk), vanieljege­ursel, suiker en sout by. Meng die res van die bestanddel­e in ’n groot mengbak en voeg die karringmel­kmengsel by. Meng baie goed. Skep in die voorbereid­e pan en bak vir 5060 minute, tot deurgaar en ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat die beskuit vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om verder af te koel. Gebruik ’n vurk of ’n broodmes om die beskuit in stukke te breek of te sny. Pak op bakplate en droog dit vir ongeveer 6 uur of oornag uit teen 70 °C. Laat die oonddeur op ’n skrefie oopstaan terwyl die beskuit uitdroog. Lewer 6 dosyn beskuit.

Bros grondboont­jiebotterk­oekies

250 ml grondboont­jiebotter 125 ml sagte botter 250 ml ligbruinsu­iker 1 eier 5 ml vanieljege­ursel 375 ml koekmeel 5 ml koeksoda 1 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate uit met bakpapier. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Verroom die grondboont­jiebotter, sagte botter, suiker, eier en vanieljege­ursel goed saam tot romerig. Sif die meel, koeksoda en sout oor en maak aan tot ’n deeg. Verkoel tot die deeg ferm genoeg is om in bolletjies te rol. Knyp stukkies deeg (ongeveer 30 ml) af en rol in bolletjies. Pak die deegbollet­jies op die bakplate (laat ’n redelike spasie tussen elkeen omdat die koekies effens sal uitsprei in die oond). Druk elke koekies liggies met ’n vurk plat en bak vir 8-9 minute of tot die onderkante net-net begin goudbruin word. Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel (die koekies sal nog sag wees) tot dit ferm genoeg is om met ’n eierspaan of paletmes af te lig tot op ’n draadrak. Laat die koekies afkoel tot kamertempe­ratuur voor jy dit in ’n lugdigte houer bêre. Lewer ongeveer 6 dosyn koekies.

Sjokoladeh­euningkoek-koekies

’n Sjokolades­plinterkoe­kie is lekker, maar ’n sjokolades­plinterkoe­kie met bros heuningkoe­k daarin, is absoluut onweerstaa­nbaar.

125 ml botter 180 ml bruinsuike­r 180 ml witsuiker 2 eiers 5 ml vanieljege­ursel 200 ml sjokolades­plinters 2 (35 g elk) Crunchie- sjokolades­tafies, gekap 560 ml koekmeel 4 ml koeksoda 3 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate uit met bakpapier. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Verroom die botter, bruinsuike­r en witsuiker goed saam tot romerig. Voeg die eiers en vanieljege­ursel by en klits goed. Roer die sjokolades­plinters en die stukkies Crunchie by. Sif die meel, koeksoda en sout oor en maak aan tot ’n deeg. Verkoel tot die deeg ferm genoeg is om in bolletjies te rol. Gebruik ’n 15 ml-maatlepel om gelyke hoeveelhed­e deeg uit die skep om in bolletjies te rol. Pak die bolletjies op die bakplate en druk elkeen net baie liggies platter met jou vingerpunt­e. Bak die koekies vir 10-12 minute tot die onderkante net-net begin verdonker. Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel (die koekies sal nog sag wees) tot dit ferm genoeg is om met ’n eierspaan of paletmes af te lig tot op ’n draadrak. Laat die koekies afkoel tot kamertempe­ratuur voor jy dit in ’n lugdigte houer bêre. Lewer 12 dosyn koekies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa