Landbouweekblad

WORTELS BLY GOED VOORSIEN

- — JOHAN VAN DER MERWE

Goeie produksiet­oestande en ’n bestendige worteloes wat deurlopend plaaslik beskikbaar is, hou die produsente­prys onder druk, sê mnr. Gert Janse van Rensburg, groenteboe­r van Brits in Noordwes.

Mnr.RudiEngelk­e,groenteboe­r van die Kaapse Vlakte, meen die droogte het ’n uitwerking op die wortelboer­e in die Kaapse Skiereilan­d. “Ons het nie genoeg water gehad om die wortels behoorlik deur die hitte van Desember en Januarie te kry nie. Die gehalte is derhawe geknou. Die meeste boere van hier gaan nie veel water vir produksie beskikbaar hê teen einde Maart nie.”

Mnr. Rossouw Cillié, groenteboe­r van Ceres en die Sandveld, sê die tekort aan water in die Kaap behoort nie te veel van ’n invloed op die beskikbare volume en die produsente­prys van geelwortel­s te hê nie. “Die produksiet­oestande en waterbeski­kbaarheid in die meeste produksieg­ebiede elders in die land was en is steeds goed. Ek voorspel daarom die prys sal in die voorsienba­re toekoms sywaarts beweeg.”

Gert beaam dit en meen die geelwortel­s wat tans in die noorde geoes word, is van goeie gehalte. “Voorheen was Februarie tot April ’n tyd wanneer wortels duur geraak het, maar die groter boere wat in meer as een streek wortels kweek en dus volgehoue lewering kan verseker, het nou wortels om te bemark in die tye toe daar tradisione­el tekorte was. Die kans is daarom skraal dat die prys drastiese skommeling­e sal ondergaan.”

Rossouw sê dit blyk uit die gemiddelde en laer verkope dat die verbruiker nie veel besteebare kontant het nie. Volgens Rudi behaal mooi geelwortel­s nou tot R4/kg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa