Landbouweekblad

PAPAJASSE TOEKOMS LÊ IN UITVOER

- — NICO VAN BURICK

Hy is nog optimistie­s oor SuidAfrika se papajabedr­yf mits daar uitvoergel­eenthede geskep word vir puik vrugte en veral as daar protokolle ontwikkel word om dit per skeepsvrag te vervoer, sê mnr. Willem Schmidt, besturende direkteur van Neofresh by Malelane.

Neofresh is een van Suid-Afrika se grootste kwekers van papajas. Volgens Schmidt is kultivaron­twikkeling van deurslagge­wende belang. “Ons het ’n klomp geld bestee om kultivars van hoë gehalte te ontwikkel en aan supermarkt­e te lewer. Daar is nog ’n mark en ’n premie op papajas van hoë gehalte, wat vinnig afgekoel, reg rypgemaak en waarvan die raklewe gewaarborg kan word.”

Hy sê ander vrugte word aan die munisipale mark voorsien en daar is die vraag baie keer onder druk. “Pryse kan wissel van R4 000 tot R8 000 per ton. As jy produkte teen R4 000/ton aan die munisipale mark lewer, is dit eintlik maar ’n gelykspeel­prys. Soms loon dit ’n produsent om dit eerder te stort as om dit te bemark, veral omdat die verpakking­skoste baie hoog is.”

Omdat daar nie ’n produsente­vereniging is nie, is daar nie amptelike statistiek­e beskikbaar nie. Schmidt beraam dat die land se produksie in die omgewing van 30 000 ton per jaar is. Neofresh het ook kontrakkwe­kers in Mosambiek wat spesiale kultivars daar aanplant en papajas aan die Suid-Afrikaanse kleinhande­lmark lewer.

Skaars 1% van die jaarlikse produksie word uitgevoer omdat dit tans duur lugvrag behels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa