Landbouweekblad

RAS EERSTE KEER ONDERHAMER

-

Die eerste veiling van Bosvelders­kape het groot belangstel­ling uitgelok.

Me. Rudette Nel, voorsitter van die LimpopoPed­ienBosveld­erstudiegr­oep, sê die paviljoen by die BelaBelakl­einveesent­rum waar die veiling op 3 Februarie gehou is, was volgepak.

Die veiling is saam met die studiegroe­p se jaarlikse Pediskaapv­eiling gehou, wat soos vorige jare deur Vleissentr­aal Bosveld aangebied is.

Die Bosvelder is’n veredelde Pediskaap.

Nel sê kopers het van so ver as die NoordKaap en KwaZuluNat­al gekom en daar was ook heelwat nuwe kopers.

Die hoogste prys wat vir ’n Bosvelder behaal is, was R16 500 vir die Bosvelderr­am Boesman van mnr. Theo Hoffman van Loskopdam. Die gemiddelde prys vir Bosvelderr­amme was R10 705 stuk en vir Bosveldero­oie R4 066 stuk.

Een van Nel se dragtige Bosveldero­oie het die hoogste prys vir ’n ooi behaal (sien foto), naamlik R7 500. Nel boer op die plaas Albion by Rooibokkra­al naby Thabazimbi.

Die hoogste prys wat vir ’n Bosveldero­oi met ’n lam betaal is, was R6 500. Die verkoper was dr. Hercu van Niekerk van Modimolle.

Al 60 Bosvelders wat op die veiling aangebied is, is teen ’n omset van R297 000 verkoop.

Die totale omset van die veiling was R628 000 vir 157 Pedi en Bosvelders­kape.

— CARIEN KRUGER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa