Landbouweekblad

70 JAAR GELEDE

Uit: Die Landbouwee­kblad, 3 Maart 1948

-

Boere in alle dele van die land stel belang in die moontlike aanplantin­g van pekanneutb­ome. Dié neute behaal deesdae goeie pryse. ’n Kweker van Natal het in die laat 1800’s die eerste pekanneutb­ome na Suid-Afrika ingevoer. Sedertdien het baie verskillen­de kultivars die land binnegekom. Die groot pekanneutb­ome op die foto staan op dr. P. le F. Nortier se plaas by Clanwillia­m in die Wes-Kaap. Kundiges meen dié bome is die oudste in hul soort in die hele Kaapland. Die bome is na skatting hoër as 40 voet (13 meter). Mnr. D. du Preez, beampte by die Vrugte navorsing stasie van die Westelike Provinsie, staan by die bome. Die Koöperatie­we Wyn b ouersveren­iging (KWV) se kelder in die Paarl is nie net die grootste kelder onder een dak ter wêreld nie (die gemiddelde daaglikse voorraad drank in die kelder is 14 miljoen gelling, byna 64 miljoen liter). Van die vate in die kelder is ook besonders. Daar is onder meer die vier grootste vate ter wêreld (waaronder die een op die foto). Elkeen van dié vate hou 45 000 gelling (sowat 170 000 liter) wyn. Die vate is in die kelder vervaardig van hout uit Frankryk en Slowakye. Vir die volgende paar honderd jaar sal sulke vate nie weer gemaak kan word nie omdat die spesifieke hout onverkrygb­aar is nadat die woude waaruit dit kom, in die afgelope oorlog (Tweede Wêreldoorl­og, 1939-’45) platgeskie­t is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa