Landbouweekblad

NÓG ’N MEEVALLER MET BRANDSTOF

- — NICO VAN BURICK

Die bedanking van mnr. Jacob Zuma en die verkiesing van mnr. Cyril Ramaphosa tot nuwe President van Suid-Afrika behoort te lei tot ’n aansienlik­e meevaller vir motoriste.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê op 16 Februarie was daar ’n oorverhali­ng van ongeveer 44c/liter vir diesel en 32-35c/liter op petrol. “Die verstewigi­ng in die plaaslike wisselkoer­s ná die politieke ontwikkeli­nge het ’n groot rol gespeel in hierdie oorverhali­ng. Daarmee saam het die internasio­nale prys van Brent-ruolie verlaag, wat verdere goeie nuus vir plaaslike brandstofp­ryse is.”

Dit sal die derde opeenvolge­nde verlaging in brandstofp­ryse wees. In Januarie het petrolprys­e met 29-34c/liter gedaal, terwyl die dieselprys terselfder­tyd met 22-26c/ liter gedaal het. In Februarie was die daling 26c/liter vir petrol en vir diesel 30-32c/liter.

Maree sê ongelukkig is dit ’n maand met lae verbruik in die algemeen vir die landbou, maar steeds goeie nuus. “Andersyds is dit ook goeie nuus vir die verbruiker, veral wat betref inflasie en toekomstig­e rentekoers­bewegings. As die wisselkoer­s op die huidige vlakke kan stabilisee­r, kan dit oor die volgende paar maande goed wees vir inflasie-verwagting­e.

Die verwagting is egter dat die Minister van Finansies in die komende begroting weer die belasting op brandstof sal verhoog om die staatskas, wat onder groot druk verkeer, aan te vul.”

Hy sê dit beteken die verligting in brandstofk­oste kan dus van korte duur wees, as dit wel die geval is. Hierdie brandstofb­elasting sal in April in werking tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa