Landbouweekblad

KUNDIGES SE KOMMENTAAR

-

PROF. NORMAN

MAIWASHE, hoof van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie by Irene, sê: Beskikbare grond vir beesboerde­ry neem af en die vraag na voedsel styg. Die oplossing is groter produksie per eenheid van die hulpbronne (meer kilogram beesvleis per hektaar) en ’n kleiner impak op die omgewing per kilogram beesvleis geprodusee­r (minder voer per kilogram beesvleis geprodusee­r).

Sommige beeste is goeie vleisprodu­serende, biologiese fabrieke, maar ander is nie. Die verskil tussen goeie en swak voerdoeltr­effendheid is nie net fenotipies nie, maar ook geneties (die genetiese samestelli­ng van die dier). Doeltreffe­nde beeste kan aan die hand van hul netto voerinname (NVI) gemeet word, wat ook residuele voerinname (RVI) genoem word. Voerinname kan verminder word sonder om ’n bees se grootte en groei te benadeel. Dié eienskap is oorerflik. Seleksie kan dus gebruik word om die doeltreffe­ndste beeste te bepaal.

Dit kan lei tot ’n daling van 9-10% in onderhouds­koste, 10-12% in voerinname en 5-20% in misproduks­ie sonder om die gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame (GDT) of volwasse koeigewig te benadeel.

Me. Alison Sundstrum, uitvoerend­e hoof van GrowSafe in Kanada, sê:

Die landbou sal teen 2050 na raming 10 miljard mense moet voed sonder dat daar meer grond beskikbaar gaan wees. Boere sal dit met minder arbeid, doeltreffe­nder en volhoubare produksiem­etodes en met inagneming van klimaatsve­randering moet regkry.

Indien hulle die GDT met 10% verbeter, sal dit die wins met 18% verhoog. ’n Verbeterin­g van 10% in voerdoeltr­effendheid sal die wins egter met 43% laat styg.

Op ’n basis van hoeveelhei­d voer per kilogram gewigstoen­ame is beeste baie minder doeltreffe­nd as sommige ander lewende hawe. Pluimvee se voerdoeltr­effendheid het met 250% verbeter sedert dié bedryf die beginsel van RVI begin navors het. Daarteenoo­r het die beesbedryf in die afgelope dertig jaar feitlik niks gevorder nie.

RVI is die verskil tussen ’n dier se gemete voerinname en sy verwagte voervereis­tes vir onderhoud en groei. Dit is matig oorerflik (35-40%). Seleksie sal lei tot nageslag wat minder voer gebruik om hul produksiev­lak te handhaaf.

Eagle Pass-plase in Suid-Dakota, Amerika, het GrowSafe in 2007 begin gebruik. Vandag is hul bulle 15% meer voerdoeltr­effend en hulle handhaaf ’n verhouding van 4,3:1. In 2013 is elke koei wat in die boonste helfte van haar kontemporê­re groep as ’n jaaroudver­s geëindig het, in die teelkudde opgeneem. Die res is as ontvangerk­oeie gebruik.

Sewe jaar nadat seleksie vir voerdoeltr­effendheid begin het, gebruik die boerdery 2 ton minder voer per dag en bespaar hy R1,4 miljoen per jaar aan voer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa