Landbouweekblad

KOMMENTAAR OP STAATSREDE

-

Talle lesers het op ons Facebookbl­ad kommentaar gelewer nadat die nuutverkos­e President, mnr. Cyril Ramaphosa, op 16 Februarie sy eerste staatsrede gelewer het. Hy het onder meer die belangrikh­eid van die landbousek­tor beklemtoon en gesê hy is ernstig daaroor om grondhervo­rming te laat werk, insluitend deur onteiening sonder vergoeding.

ELIZE JANSEN VAN RENS

BURG skryf: Die President is ’n sakeman. Ek dink nie hy sal toelaat dat ’n produktiew­e plaas wat ’n bydrae tot die land se ekonomie lewer, net gevat word nie. Daar sal na plase gekyk word wat onprodukti­ef lê en nie bewerk word nie en wat van een geslag na die volgende oorgedra word.

MAGDA MYBURGH skryf: Mense loop steeds met oogklappe rond. Niks gaan beter word nie.

ETIENNE ADALBERT ERNST skryf: Vuisslaanr­eaksies is niks anders as ’n weerspieël­ing van sekere mense se diepgewort­elde vrese nie. Daarteenoo­r is handuitrei­kreaksies dié van ’n klein groepie mense wat verstaan dat die gees van vreesagtig­heid nie van God kom nie en dat ’n opregte geloof gevestig is op hoop en liefde vir ons medemens, insluitend hulle wat ons as ons vyande beskou. Ek ken Cyril Ramaphosa. Hy is ’n leier met integritei­t wat weet wat die probleem is.

GERRIT DE KOCK skryf: Daar is tog ’n verskuiwin­g weg van die vingerwysp­olitiek van die afgelope 20 jaar en meer hand-in-eie-boesem-steek-praatjies. Ek hoop van harte die belofte van optrede teen korrupsie word deurgevoer. Daar is verdienste in die toespraak. Ons hoef nie saam te stem met die metodiek om respek te hê vir die wyse waarop dit oorgedra is nie.

PETRO MCKENZIE skryf: Hy lyk goed en hy praat goed, maar ek is nie vol vertroue oor hom nie. Hy het inderdaad gesit en toekyk hoe die ANC opgemors het. Dit is beslis ’n ANC-probleem.

MARGOT SHAW HUYSAMER skryf: Wel, hulle moet nou besluit en die swaard oor boere se koppe laat val of verwyder.

ETIENNE ADALBERT ERNST

skryf: Ek vertrou almal wat hier skryf, is boere. Ek is ’n boer! Luister mooi na my profesie. Niémand wat produktief op sy grond boer en sodoende kos sit op die tafel van stedelinge wat by Food Lover’s Market en soortgelyk­e plekke koop, se plase gaan gevat word nie.

GLOUDINA MARIA CROUS

antwoord: Ek hoor wat jy sê, maar die Regering het self ’n klomp onprodukti­ewe plase. Ons sal sien of hy eerste daaraan iets gaan doen. Plaasmoord­e is ook nie genoem nie. Ons roei nog in dieselfde Zuma-bootjie.

GERHARDUS DU RAAN skryf: Goeie op-die-man-af-toespraak. Grondhervo­rming kan werk, maar daar is nog te veel mense wat dink dis in hul belang as dit nié werk nie. Die teendeel is egter waar. Dis in almal se belang dat grondhervo­rming werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa