Landbouweekblad

BOERBOKKE, BEESTE EN WEIDING

- HANNES DREYER Dr. Hannes Dreyer is ’n veekundige.

Watter mate van mededingin­g om weiding is daar tussen Boerbokke en beeste? Ons omgewing het baie struike en bome. Hoe kwesbaar is Boerbokke, veral lammers, vir jakkalse? Is dit nodig om hul snags op kraal te hou? Die Boerbok is ’n blaar(struik)-en-grasvreter, terwyl die bees hoofsaakli­k ’n grasvreter is. Die Boerboek se dieet sal waarskynli­k bestaan uit die helfte blare en die helfte gras. Dit is dus so dat daar mededingin­g tussen bokke en beeste kan ontstaan, maar algemeen gesproke vul die twee mekaar goed aan.

Mededingin­g sal net werklik ’n rol speel in droogtetoe­stande, dit wil sê wanneer voer skaars begin word. Die bok is, soos die skaap, in staat om veld baie korter te bewei as beeste. Wanneer daar ’n tekort aan weiveld is, kan beeste deur die mededingin­g benadeel word.

Boerbokke word baie gebruik om bosindring­ing teen te werk en kan dus voordelig saam met beeste gebruik word.

Die Boerbok is baie vrugbaar en meerlinge kom gereeld voor.

Waar roofdiere, soos rooikatte en jakkalse, voorkom, sal dit nodig wees om die lammers tot speentyd te beskerm deur die diere saans op kraal te hou.

Ondervindi­ng het ook geleer dat lammers self helder oordag gevang kan word in baie beboste gebiede. Bykomende maatreëls sal dan getref moet word om die lammers te beskerm. Tydens lamtyd moet daar baie goeie toesig wees.

 ??  ??
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Boerbokke vreet gewoonlik om die helfte blare en gras.
FOTO: JOHAN NORVAL Boerbokke vreet gewoonlik om die helfte blare en gras.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa