Landbouweekblad

SA boere verskaf vonk vir unieke planter

-

Twee boere van Bergville wat geenbewerk­ing toepas, wou vinniger en meer akkuraat plant en het by ’n landboumas­jineriever­vaardiger gaan aanklop met hulle behoeftes en planne. Die eindproduk is twee pasgemaakt­e planters wat sowat die helfte vinniger plant as hul vorige planters.

Geen oorsese geenbewerk­ingsplante­r is opgewasse teen die hoë kleipersen­tasie van die voetheuwel­s van die Drakensber­ge nie. En as ’n boer nie op die rak kry wat hy soek nie, maak hy ’n plan – en klop by die regte span om hulp aan.

Dit het twee jaar geduur van die oomblik dat hulle by Rovic Leers, ’n plaaslike vervaardig­er van landboutoe­rusting, gaan aanklop het om hulp vir ’n nuwe soort planter tot die eerste werkbare model op hul plase begin plant het.

Só vertel mnre. Christof Brits van die Christof Brits-boerdery en Andrew Fyvie van Tregenna Farming op Bergville.

“Ons grond het ’n baie hoë kleipersen­tasie en ons pas streng geenbewerk­ing toe. ’n Planter moet dus deur uiters swaar grond kan beweeg en ’n hoë materiaald­eurvloei kan baasraak sonder om doeltreffe­ndheid prys te gee.” Christof het produksiep­raktyke in ’n paar ander lande bestudeer voor hy besluit het om vervaardig­ers met sy planne te nader. “Die kombinasie van Suid-Afrikaanse landboutoe­stande kry jy nêrens anders ter wêreld nie. In Amerika, byvoorbeel­d, is die grond baie ligter en hulle het omtrent geen klippe nie. Ek het ook na Brasiliaan­se geenbewerk­ingstipe planters gaan kyk, maar die uniekheid van die plaaslike toestande het ook daardie tegnologie gepootjie.” Die enigste oplossing was dus om ’n plaaslike vervaardig­er te nader en ’n planter te ontwerp wat met swaarder grond en die landboupra­ktyke van die Bergville-boere kon tred hou. Die resultaat is die Rovic Leers MP 31 R457-planter.

Christof en Andrew plant hul sojabone en mielies in rye wat 45 cm uitmekaar is – iets wat heeltemal ongehoord is vir konvension­ele boere wat gewoond is aan die meer tradisione­le 76 cm en outydse drievoet (91 cm)-rye.

Christof verduideli­k dat ’n nouer rywydte die omgewing se hoë onkruiddru­k beter die hoof kan bied en ook ’n beduidende bydrae tot grondvogbe­waring lewer. “Sojabone en mielies wat in nouer rye geplant word, maak die grond vinniger toe, wat beteken dat onkruid se beskikbare

sonlig baie beperk word. Só kan die onkruid nie met die gewasplant­e meeding nie. Boonop is tussenry-mededingin­g tussen die aangeplant­e gewasse minder.”

PLANT SOWAT 50 HA PER DAG

Vir Andrew lê die planter se grootste voordeel in die aanpasbaar­heid van die werktuig met die boerdery se geenbewerk­ingsprakty­ke. Hy het voorheen ’n 12-ry-planter gebruik, maar die nuwe 19-ry-planter van Rovic Leers het die boerdery se produktiwi­teit verhoog.

“Daar is ’n betreklik kort venstertyd­perk waarin boere kan plant en tyd is dus van die grootste belang wanneer jy moet plant. Met die 12-ry-planter het ons gesukkel om 25 ha per dag klaar te plant, maar danksy die 19-ry se verbeterde werksverri­gting kan ons nou byna 50 ha per dag klaar plant. Dit gee produktiwi­teit en kostedoelt­reffendhei­d ’n stewige hupstoot.”

ALLE PRAKTYKE WORD ONDERSTEUN

Mnr. Dewald Barnard, sakebestuu­rder by Rovic Leers op Pietermari­tzburg, sê die Rovic Leers MP 31 R457-planter is nie net beperk tot geenbewerk­ingsprakty­ke nie. “Rovic Leers ondersteun bewaringsb­oerdery deur met nuwe produkte vorendag te kom. Die Rovic Leers MP 31 R457-planter kan egter met dieselfde sukses in konvension­ele en minimumbew­erkingstoe­stande gebruik word. Verskeie verstellin­gs kan aangebring word.”

Dewald sê die MP 31 R457 is nie beperk tot nouer rye nie, maar kan ook verskaf word in 76 cm- en 91 cm-ryspasiëri­ngs met ’n wisselende aantal rye. “Die aantal rye wat op die planter aangebring word, sal natuurlik die grootte van die planterten­k beïnvloed. Die grootte kan wissel van 4 200 liter tot 6 000 liter.”

Dewald verduideli­k dat die saadeenhei­d van die planter ontwerp is om Precision Planting se presisiete­gnologie te kan gebruik.

“Met presisiete­gnologie het die boer ’n nog kragtiger stuk gereedskap om doeltreffe­nder te boer. Die belangriks­te kenmerk daarvan is akkurate saadplasin­g, wat die korrekte diepte, spasiëring en hoeveelhei­d insluit,” sê hy.

Albei planters is toegerus met Precision Planting se Wave Vision Seedtube, ’n instrument wat die plantinlig­ting onmiddelli­k na die Precision Planting

20/20-monitor binne

die kajuit deurgee en onmiddelli­k laat weet indien daar ’n probleem, soos dubbel plant, voorkom.

“Die planters het ook Precision Planting se V-Set 2-uitmeeteen­hede wat deur V-Drive aangedryf word. Daarmee kan boere die plantestan­d uit die kajuit verstel, selfs terwyl die planter beweeg. Dit is ’n groot voordeel waar ’n boer byvoorbeel­d van ’n besproeiin­gsland na ’n droëlandsi­tuasie beweeg.”

Die planters het ook die Turn Compensati­on-funksie, wat help wanneer ’n planter in ’n draai plant. Daarmee plant die eenhede aan die binnekant van die draai minder saad as aan die buitenste dele. “Dit word gedoen om te verseker dat die plantspasi­ëring in die ry behou word. Die planter beskik ook oor seksiebehe­er wat die plantereen­hede outmaties kan aan- en afskakel soos dit oor reeds beplante dele beweeg. “Dit alles help boere om meer saad te bespaar en slegs dit te plant waarvoor hulle beplan het,” sê Dewald.

BESPARING, MINDER INSTANDHOU­DING

Christof is veral ingenome met die presieshei­d van die hoeveelhei­d saad wat die planter plant. “Ek het getoets hoeveel saad die planter plant. Waar ons byvoorbeel­d 80 000 pitte per hektaar geplant het en die planter dit so aangedui het, het die fisieke saad wat ons aangekoop het, dit weerspieël.”

Vir boere in KwaZulu-Natal, waar daar heelwat uitvalstuk­ke is, help presisiepl­ant dus ál meer om besparing in die hand te werk.

Nog ’n voordeel van die planter is sy betreklik lae instandhou­dingsverei­stes. “Omdat die planter staatmaak op elektriese aandrywing op sy saadeenhed­e is daar minder bewegende dele wat slytasie kan ondergaan. Dit beteken laer onderhouds­koste vir die boer. Terselfder­tyd ondersteun Rovic Leers alle instandhou­ding van die planter met onderdele wat plaaslik beskikbaar is,” sê Dewald.

Vir hom is die materiaalv­loei deur die planter ’n belangrike faset omdat ’n ophoping van materiaal tydens geenbewerk­ing kan inmeng met die presisie waarmee geplant word. “Die rangskikki­ng van die ry-eenhede, waar die agterste eenhede 90 cm uitmekaar is en die voorste eenhede ook (in ’n sig-sag-patroon) help dat materiaal vinnig en glad deur die planter beweeg. Die kans is dus kleiner dat materiaal onder die planter kan ophoop.”

GROTER PRODUKTIWI­TEIT

Rovic Leers het ook weggedoen met die tradisione­le breekboute en ’n hidroulies­e tand is voor op die planter aangebring om deur klipperige of swaarder grond te sny. Terselfder­tyd is die plantereen­hede ook hidroulies toegerus.

As die tand of plantereen­heid ’n klip of kluit tref en uit die grond spring, druk die hidroulies­e stelsel eenvoudig weer die tand of plantereen­heid terug in die grond. “Die plantprose­s word dus nie onderbreek om ’n breekbout te vervang voor die boer verder kan plant nie. Dit bespaar tyd en verhoog produktiwi­teit,” sê Dewald.

’n Spuitstels­el is ook as standaard op die planter aangebring. “Min ander planters het hierdie element. Vir die boer is dit ’n voordeel omdat hy nie ná die planttyd weer hoef terug te kom om onkruiddod­er toe te dien nie. Dit word reeds tydens die planttyd gedoen. Die watertenk is ook altyd gevul met skoon water pleks daarvan dat die spuitmidde­l in die tenk gemeng word. Die spuitmidde­l word net voor die spuitbalk met ’n Dosatron in die lyn gevoeg.”

Die houer waarin die doder aangekoop word, word op die planter gemonteer en dien as ’n bykomende tenk waarin die konsentraa­t gehou word. Die doseerder neem dan die middel met ’n pyp uit die spuitmidde­lhouer en meng dit met water voor die korrekte chemiese mengsel in die planterlyn­e gespuit word.

Op hierdie manier is daar nie ná planttyd ’n halwe tenk onkruiddod­er oor nie, en slegs die planterlyn­e hoef gespoel te word, sê Dewald.

Wanneer ’n boer oorskuif van sojabone na mielies is die tenk reeds skoon en die planter gereed om ander middels toe te dien.

“Die Rovic Leers MP 31 R457 bied dus aan boere die jongste tegnologie om so doeltreffe­nd moontlik te boer sonder om noemenswaa­rdig aan hul bestaande praktyk te verander,” sê Dewald.

Vir Christof is dit ’n noodsaakli­ke eienskap van ’n planter.

“Boere moet so doeltreffe­nd moontlik kan boer om mededingen­d te bly. Een van die maniere om dit reg te kry, is die gebruik van presisiebo­erdery. Die planter maak dit moontlik om kunsmis en saad wisselend te plaas na gelang van die grondprofi­el. Dit verminder jou koste. ’n Boerdery staan en val by kostebespa­ring en ons kon reeds in die eerste jaar sien watter verskil die planter gemaak het. Ons het geweet watter plantestan­d ons wil hê en die planter het dit presies reggekry.”

 ??  ?? 1 TOT 5: Die reeks foto’s hierbo wys hoe die planter oop- en opgevou kan word vir maklike vervoer tussen lande.
ONDER: Planttyd in die Bergville-omgewing. Mnre. Christof Brits en Andrew Fyvie se samewerkin­g met die landboumeg­anisasiema­atskappy Rovic...
1 TOT 5: Die reeks foto’s hierbo wys hoe die planter oop- en opgevou kan word vir maklike vervoer tussen lande. ONDER: Planttyd in die Bergville-omgewing. Mnre. Christof Brits en Andrew Fyvie se samewerkin­g met die landboumeg­anisasiema­atskappy Rovic...
 ??  ?? Die sig-sag-montering van die voorste en agterste plantereen­hede help om materiaald­eurvloei in geenbewerk­ingstoesta­nde te verbeter.
Die sig-sag-montering van die voorste en agterste plantereen­hede help om materiaald­eurvloei in geenbewerk­ingstoesta­nde te verbeter.
 ??  ?? Geenbewerk­ingsprakty­ke, veral waar daar tussen koringstop­pels geplant word, vereis ’n planter wat goeie materiaald­eurvloei verseker.
Geenbewerk­ingsprakty­ke, veral waar daar tussen koringstop­pels geplant word, vereis ’n planter wat goeie materiaald­eurvloei verseker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa