Landbouweekblad

Groente: Biologie vat aalwurms vas

Danksy ’n hoër koolstofin­houd en die diversifik­asie van mikrobe-lewe in die grond vanweë die biologiese middels en dekgewasse kan mnr. Gottlieb Venter van Bothaville nou op ’n jaargronds­lag 50% meer wortels bemark.

-

Deur biologiese middels teen aalwurms en ander siektevero­orsakende grondorgan­ismes in te span, kon mnr. Gottlieb Venter, groenteboe­r en -uitvoerder van Bothaville, ’n uitpaksyfe­r van 90% vir sy wortelboer­dery behaal én ’n uitvoerkon­trak verseker.

Gottlieb, ’n mikrobiolo­og wat sy pa se mielieplaa­s, Doornhoek, geërf het, het geen moeite ontsien om van die vyfjaarpro­ses om van ’n chemiese boerdery na ’n biologiese boerdery om te skakel, ’n sukses te maak nie.

Hy het besluit om met groente te boer om winsgewend­heid te verseker.

“Ons het ’n paar jaar gelede die groente-uitvoerder Yukon Internatio­nal as vennoot gekry om uitvoerkon­trakte vir babawortel­s, preie en vinkel te verseker. Yukon beloof sy kliënte vars, gesonde groente en verbied die gebruik van chemiese middels.”

Dit het Gottlieb met geen keuse gelaat as om alternatie­we te soek vir die tradisione­le chemiese metodes om van siektes en plae, waarvan aalwurms die vernaamste was, ontslae te raak nie.

Om biologiese praktyke in te stel, het finansiële en logistieke implikasie­s (sien kassie “Drie kwessies van biologiese middels”),

maar die hoër opbrengs en die premie wat ’n uitvoerpro­duk verdien, maak alles uiteindeli­k die moeite werd.

DEKGEWAS WAS EERSTE

Gottlieb het sy biologiese tog vyf jaar gelede begin deur bladramnas as dekgewas te vestig nadat hy wortels geoes het. “Ons produksie het volgehou afgeneem en daarmee saam die gehalte van veral ons babawortel­s weens aalwurmbes­metting. Die dekgewas was ons eerste stap om die grondgehal­te te verbeter om die aalwurm teë te werk en só ons opbrengste te verbeter.”

Sommer dadelik het die probleme met die toepassing van ’n biologiese benadering begin kop uitsteek omdat Gottlieb ’n derde van sy grond uit produksie moes haal om die dekgewas te vestig (sien kassie “Drie kwessies van biologiese middels”).

“Jy moet egter bereid wees om die risiko te loop, proewe doen, die skoolgeld betaal en glo dat jy resultate sal kry.”

Die aanvanklik­e bedoeling met die bladramnas was om die natuurlike berokingsu­itwerking wat dit op die grond het as dit groen ingewerk word, te benut en só van die aalwurms ontslae te raak.

Jou tydsbereke­ning moet egter perfek wees. “Ons het nie altyd betyds die ramnas ingewerk nie en dit het die doeltreffe­ndheid van die berokingse­ffek beperk. Ons het egter intussen geleer wanneer om alles op die regte tyd te doen. Dit verg ’n aanpassing en intensiewe bestuur.”

Gottlieb en sy span plant deesdae ’n paar verskillen­de dekgewasse (sien die kassie “Uitpaksyfe­r verbeter met 50%” op bladsy 52) wat in die somerreëns­treek aangepas is en soveel moontlik koolstof (plantmater­iaal) lewer. “Wanneer hierdie dekgewasse in die grond ingewerk word, ent ons die grond met Mos Nema en fulviensuu­r. Die algemene waarneming is hoe hoër die grondkools­tofinhoud is, hoe minder aalwurmska­de het ons, want die aalwurms hou hulself besig met die koolstof en nie die wortels nie,” sê Gottlieb.

’n Sekondêre aanwins van die bladramnas as dekgewas is die toevoeging van organiese materiaal tot die grond. Tans gebruik Gottlieb ’n mengsel dekgewasse om ’n diverse

grondlewe aan te moedig. Gottlieb plant jaar ná jaar wortels, wat die biologiese gesondheid van sy grond aftakel en die vermeerder­ing van patogene organismes tot gevolg gehad het.

Mnr. Freddie Bredenhann, ’n onafhankli­ke konsultant wat hom daarop toespits om biologiese hulpmiddel­s met chemiese boerderyst­elsels te integreer, meen dit is nie ’n rusfase wat die grond gesond maak nie, soos wat tradisione­el in groenteboe­rderye die gebruik is.

BIOLOGIE IS MEDISYNE

“Dit is biologie wat die grond gesond maak, net soos wat dit biologie is wat die grond siek maak. Die toename in skadelike aalwurms in die grond, soos wat Gottlieb ervaar het, is ’n teken dat die grondlewe-diversitei­t verarm en die grond se koolstofin­houd uitgeput is. As jy die regte biologiese beginsels volg, het jy nie ’n rusfase in die grond nodig nie.”

Hy was van die staanspoor af nie bekommerd oor die praktyke wat Gottlieb volg nie. “Ek was seker ons kon die aalwurmpro­bleem oorkom deur die regte biologiese middels toe te dien en vir plante die regte voedingsto­wwe op die regte tyd te verskaf.”

Gottlieb en Freddie se pad het gekruis toe Freddie as ’n plaasbestu­urder sowat 30 km van Doornhoek af geboer het.

Hulle het ’n gemeenskap­like belangstel­ling in biologiese boerderybe­ginsels gehad. Toe Freddie sy eie konsultasi­e-ondernemin­g begin het, het Gottlieb sy dienste bekom.

Gottlieb sê die geheim van sy verbeterde opbrengs is die fulviensuu­r en humate, “met ander woorde die koolstof wat ons in die grond sit. Dit is die kos vir die grondorgan­ismes wat moet verseker dat die grond gesond is en wat verseker dat ons volhoubaar kan boer. Dit is eintlik ’n eenvoudige beginsel – ons grond is arm, maar as jy die organismes in die grond die geleenthei­d gee om te floreer, maak jy die grond weer funksionee­l.”

BIOLOGIE TEM DIE AALWURMS

Voordat Gottlieb die biologiese behandelin­g begin toepas het, het hy maar “bo-oor die aalwurms” probeer boer. “Ons het die houe gevat, maar ons kon nie so aangaan nie. Ons moes eenvoudig die uitpaksyfe­r van 60% verbeter.”

Danksy die biologiese behandelin­g is verlede jaar ’n 90%-uitpaksyfe­r behaal – “die beste nóg. Hoewel die biologie nie as al rede uitgesonde­r kan word vir die beter uitpaksyfe­r nie, is dit die enigste faktor wat verantwoor­delik is vir aalwurmbes­tryding.”

Gottlieb het voorheen Vydate (reg.nr. L5057) “ten duurste” gebruik. “Boonop raak dit al moeiliker om hierdie soort middels te gebruik by uitvoerpro­dukte, wat aan streng onthouding­smaatreëls moet voldoen.

“Biologiese middels het Doornhoek gered. As ek egter in ’n gemaksone was en daar niks was wat my gedwing het om alternatie­we tot chemiese behandelin­g te begin beproef nie, sou die biologiese roete my net geïrriteer het.

“Ons het met iets kleins begin en klein resultate gekry. Daarna het ons nog toetse gedoen en groter resultate gekry. Só het ons die geloof, kennis en ervaring in die gebruik van biologiese middels opgebou.

“Met die hoë voedingsta­tus van die grond op Doornhoek het ek en Freddie besluit dat ons vanjaar se plantvoedi­ng sonder chemiese bemesting gaan bestuur.”

Gottlieb gebruik steeds beperkte hoeveelhed­e chemiese middels, soos kopersulfa­at, om siektes te bestry, “maar ons maak seker dat ons nie die biologie in die grond skade aanrig nie, want dit is ons grootste bate, ons behoud en ons toekoms.”

‘Dit is biologie wat die grond gesond maak, net soos wat dit biologie is wat die grond siek maak. As jy die regte biologiese beginsels volg, het jy nie ’n rusfase in die grond nodig nie.’

 ??  ?? Mnre. Gottlieb Venter (links) en Freddie Bredenhann in een van Gottlieb se wortelland­e saam met Freddie se hond, Lullu.
Mnre. Gottlieb Venter (links) en Freddie Bredenhann in een van Gottlieb se wortelland­e saam met Freddie se hond, Lullu.
 ??  ?? Gottlieb boer ook met vinkel, wat ook na Europa uitgevoer word. Die vinkel is nie so gevoelig vir aalwurms soos wortels nie, hoewel die opbrengs wel deur hierdie nematodes belemmer word.
Gottlieb boer ook met vinkel, wat ook na Europa uitgevoer word. Die vinkel is nie so gevoelig vir aalwurms soos wortels nie, hoewel die opbrengs wel deur hierdie nematodes belemmer word.
 ??  ?? Mnr. Gottlieb Venter van die plaas Doornhoek naby Bothaville lewer sy babawortel­s aan die Yukon Internatio­nal-groep, wat hoofsaakli­k na Europa uitvoer. Hierdie wortels word slegs deur biologiese middels teen aalwurms beskerm. Gottlieb het die afgelope...
Mnr. Gottlieb Venter van die plaas Doornhoek naby Bothaville lewer sy babawortel­s aan die Yukon Internatio­nal-groep, wat hoofsaakli­k na Europa uitvoer. Hierdie wortels word slegs deur biologiese middels teen aalwurms beskerm. Gottlieb het die afgelope...
 ??  ?? Omdat al die produkte op Doornhoek, soos hierdie preie, vir uitvoer bestem is, kan Gottlieb nie sy grond met chemikalie­ë berook nie en is hy gedwing om biologiese middels met sy boerdery te integreer.
Omdat al die produkte op Doornhoek, soos hierdie preie, vir uitvoer bestem is, kan Gottlieb nie sy grond met chemikalie­ë berook nie en is hy gedwing om biologiese middels met sy boerdery te integreer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa