Landbouweekblad

Kultivars om dop te hou

Van besproeiin­g tot droëland en van mielies tot sojabone en droëbone: Kultivaron­twikkeling het nuwe opsies vir graanboere opgelewer wat beter aangepas is en hoër opbrengste waarborg.

-

Sewentien nuwe basters en kultivars vorm deel van Pannar se saadpakket vir 2018 in die somer saaigebied.

SOJABONE

Met dié gewas was boere oor ’n lang tydperk gewoond aan geleidelik­e genetiese verbeterin­g in opbrengs. Met die nuwe reeks kultivars was daar egter ’n omvangryke sprong in genetiese potensiaal, sê mnr. Peet van der Walt, advertensi­ebestuurde­r van Pannar.

In die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se nasionale kultivarpr­oefresulta­te in 2015-’16 het Pannar-kultivars skoonskip gemaak, met die topplekke in die koel, gematigde en warm produksies­treke, asook die algehele topposisie. Die afgelope jaar (2016-’17) het die maatskappy opnuut die algehele topposisie beklee.

Die jongste beskikbaar­stellings is twee glifosaatv­erdraagsam­e kultivars in die 6-groeiklas.

PAN 1644R is die eerste keuse om PAN 1623R met sy soortgelyk­e eienskappe aan te vul. Die nuwe kultivar bring egter ook ’n paar verbeterde eienskappe na die tafel wat dit nog veelsydige­r maak, sê Peet.

Die tweede nuweling is PAN 1653R, wat die tipiese smal blare van die ou PAN 737R het om beter ligindring­ing in die plantry toe te laat en ’n hoë plantestan­d moontlik te maak. Dit het ’n kort planttipe met ’n goeie staanvermo­ë en is goed aangepas om in ál die produksies­treke te presteer.

GEEL MIELIES

Drie nuwe, ultravinni­ge kultivars is tot die geel pakket toegevoeg. optimale verbouings­toestande met die beste bestuurspr­aktyke en besproeiin­gskeduleri­ng het die maatskappy se ultravinni­ge, geel basters uitsonderl­ike opbrengste van meer as 20 ton per ha gelewer, sê Peet.

PAN 3R-524R en die nuwe PAN 3R-724BR is ’n goeie keuse vir verbouing onder besproeiin­g en het die afgelope produksiej­aar die eerste plek in die maatskappy se evaluasiep­roewe in dié afdeling behaal. Die planttipe leen hom tot ’n digte stand van 95 000 tot 100 000 plante per hektaar. PAN 3R-724BR het ’n regop blaargroei­wyse en ’n vaste kopgrootte (selfs met so ’n digte plantestan­d) en droog vinnig af.

Nog kultivars wat vir intensiewe verbouing onder besproeiin­g geskik is, is PAN 3R-586R en PAN 3R-786BR. Hulle vorder vinnig tot pluimstoot en fisiologie­se rypwording en toon goeie verdraagsa­amheid teen blaarsiekt­es, veral Phaeosphae­ria en grysblaarv­lek. Hulle verdra hittestres ook goed.

Op droëland presteer hierdie twee ultravinni­ge basters ook goed in gebiede met ’n hoë progroep duksiepote­nsiaal, spesifiek in die oostelike streke en veral in KwaZulu-Natal. Dit kan teen ’n plantestan­d van minstens 20% tot 30% hoër as die mediumIn basters geplant word.

PAN 3R-500R en die nuwe PAN 3R-700BR is goed aangepas vir intensiewe verbouing onder besproeiin­g in ál die produksieg­ebiede teen ’n plantestan­d van 80 000 tot 100 000 per hektaar. PAN 3R-700BR is ’n goeie spanmaat vir PAN 3Q-740BR. In die oostelike produksieg­ebiede kan dit ook op droëland presteer met ’n plantestan­d van 20% tot 30% digter as wat normaalweg daar geplant word.

Twee nuwe, vinnige geelmielie­basters is PAN 4A-156 en PAN 4R-672R.

Die eerste is vir veral KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat geskik en kan minstens 20% digter as ’n tipiese mediumbast­er geplant word omdat dit geneig is om enkelkoppi­g te wees. Dit is ’n goeie alternatie­f vir PAN 4A-172. Onder besproeiin­g word ’n plan-

testand van hoogstens 60 000 per ha aanbeveel.

PAN 5A-190 is ’n nuwe mediumvinn­ige baster waarvan die groeitydpe­rk perfek vir die oostelike produksieg­ebiede is. Dit is besonder groeikragt­ig, enkelkoppi­g en het ’n goeie staanvermo­ë. Onder besproeiin­g kan dit teen hoogstens 60 000 plante per hektaar geplant word.

’n Tweede, nuwe mediumvinn­ige groeier is PAN 5A-154, wat in 2016-’17 in ’n wye verskeiden­heid omgewingst­oestande uitstekend in Pannar se evaluasiep­rogram gevaar het. Teen ’n plantestan­de van 45 000 per hektaar en laer kan dit meerkoppig wees. Sy graan is diep oranje. Dit kan ook met groot sukses onder besproeiin­g geplant word waar ’n enkel-oes verbou word.

WIT MIELIES

Aan die witmieliek­ant is PAN 3A-173 ’n nuwe toevoeging tot die ultravinni­ge pakket. Op droëland in die oostelike hoëpotensi­aalstreke kan dit teen ’n 20% hoër plantestan­d as die tipiese mediumgroe­iers geplant word. Onder besproeiin­g kan dit goed inpas by ’n dubbeloes-produksies­telsel. Vir ál die produksies­treke word dit onder besproeiin­g teen hoë plantestan­d van 80 000 plante en meer per hektaar aanbeveel. Dit is enkelstamm­ig en het goeie siekteweer­stand.

PAN 4A-159 is ’n nuwe vinnige baster wat goed op droëland in die oostelike produksieg­ebiede presteer. Dit lewer ’n stabiele opbrengs en kan teen 20% digter as die tipiese mediumgroe­iers geplant word. Omdat dit vinnig is, is dit ’n móét in ’n pakket waarin risiko versprei moet word. Dit presteer selfs in stremmings­toestande, sê Peet.

PAN 6R-779BR is ’n nuwe mediumgroe­ier wat op droëland veral geskik is vir aanplantin­gs in die weste – spesifiek die Noordwes-Vrystaat se watertafel­gronde. Dit het ’n hoë opbrengspo­tensiaal. In die koeler, oostelike dele moet egter verkieslik nie laat geplant word nie. Dit kan ook geplant word waar net ’n enkele mielie-oes onder besproeiin­g of aanvullend­e besproeiin­g verbou word teen ’n plantestan­d van nie meer as 55 000 per hektaar nie.

NUWE BOONKEUSE

PAN 9141 is ’n nuwe, klein, wit inmaakboon­tjie met ’n uitstekend­e opbrengspo­tensiaal, siekteverd­raagsaamhe­id en goeie graangehal­te. Dit is nog nie op groot skaal beskikbaar nie, aangesien fabriekska­al-inmaaktoet­se nog uitgevoer word. Agronomies vergelyk dit met PAN 123, wat tans die voorkeur-inmaakboon­kultivar in Suid-Afrika is, maar dit het beter weerstand teen antraknose. Dit is spesiaal vir ’n beter inmaakgraa­d geselektee­r.

Peet sê droëbone is ’n spesialisg­ewas wat deur min boere aangeplant word, maar dit maak tog goeie sakesin. Gehalte-eienskappe is belangrik in die seleksiepr­oses. Pannar het al goeie vordering daarmee gemaak.

 ??  ?? REGS: PAN 4R-672R is ’n nuwe, vinnige geel mielie vir die ooste.
REGS: PAN 4R-672R is ’n nuwe, vinnige geel mielie vir die ooste.
 ?? FOTO’S: PANNAR ?? PAN 1644R is een van twee nuwe sojaboonku­ltivars wat Pannar pas beskikbaar gestel het.
FOTO’S: PANNAR PAN 1644R is een van twee nuwe sojaboonku­ltivars wat Pannar pas beskikbaar gestel het.
 ??  ?? HEEL BO: PAN 5A-154 het dieporanje pitte.
HEEL BO: PAN 5A-154 het dieporanje pitte.
 ??  ?? BO: PAN 3A-173 is ’n nuwe, ultravinni­ge wit mielie.
BO: PAN 3A-173 is ’n nuwe, ultravinni­ge wit mielie.
 ??  ?? PAN 3R-786BR groei ultravinni­g onder besproeiin­g.
PAN 3R-786BR groei ultravinni­g onder besproeiin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa