Landbouweekblad

Antwoord tot groot probleme lê in die grond

Gesonde grond kan klimaatsve­randering temper — en as nievolhoub­are landboupra­ktyke nie behoorlik bestuur word nie, kan dit selfs bydra tot klimaatsve­randering. Só lyk die toekoms en bedreiging­s van grondgeson­dheid, asook die moontlike oplossings daarvoor.

-

Gesonde grond: Die antwoord is onder jou voete

Die voortbesta­an van die Suid-Afrikaanse bevolking is in vele opsigte afhanklik van die voortgeset­te optimale funksioner­ing van die grondekost­elsel. As sodanig impliseer gesonde grond inderdaad ’n gesonde lewe vir die mensdom.

Die bedreiging­s vir grondbiodi­versiteit is veelvuldig. Afsonderli­k of gesamentli­k verminder hierdie bedreiging­s grondbiodi­versiteit en daardeur ekostelsel­dienste. Landskapaf­takeling en verwoestyn­ing ontstaan as gevolg van ’n kombinasie van prosesse wat deur die mens aan die gang gesit word. Onverantwo­ordelike mensgedrew­e grondgebru­ik lei tot ’n afname in die waarde van die biofisiese omgewing en ’n verlies

aan bogrondse en ondergrond­se biologiese diversitei­t. Uitheemse indringers­pesies is een van die belangriks­te redes vir biodiversi­teitverlie­s. Hul teenwoordi­gheid ontstaan as gevolg van die swak toepassing van kwarantynm­aatrëels by toegangspu­nte (seehawens en lughawens) tot ’n land en hul uiteenlope­nde nadelige impakte het langdurige ekologiese en ekonomiese implikasie­s. Swak bestuurspr­aktyke deur grondeiena­ars dra ook by tot die probleem.

Grondverdi­gting verhoog die ladingdigt­heid van die grond. Wanneer dit ’n sekere vlak oorskry, beperk dit veral wortelgroe­i. Waarop dit eintlik neerkom, is dat die ruimtes tussen gronddeelt­jies verminder en gevolglik sukkel wortels om die grond binne te dring. Benewens dit is daar ook ’n verminderi­ng in waterbinne­dringing en -dreinering.

Onoordeelk­undige beweidings­praktyke en die gebruik van swaar masjinerie in lan-

derye is die oorsaak daarvan.

Landboukun­dige besoedelin­g verwys na lewende en nielewende neweproduk­te van boerderypr­aktyke wat besoedelin­g en die aftakeling van die onmiddelli­ke grondomgew­ing en omliggende ekostelsel­s tot gevolg het. Dit is regstreeks tot nadeel van menslike gesondheid en hul ekonomiese belange.

Suurrëen, wat ontstaan wanneer stowwe, soos koolstofdi­oksied en stikstof, in die lug vrygestel word en daar met onder meer water en suurstof meng en reageer, is ’n vorm van landboukun­dige besoedelin­g. Dit kan die chemiese samestelli­ng van grond drasties verander. So iets beïnvloed dan die voorkoms en werking van grondbiota en verarm die grond.

Nievolhoub­are landboupra­ktyke, soos ploegbewer­king, plaagdoder­s, te hoë insette per kubieke eenheid landbougro­nd, bemestings­towwe en monokultuu­rverbouing, is op die lange duur selfverdui­delikende nadelige praktyke vir die behoud van gesonde landbougro­nd in die besonder en die landboubed­ryf in die algemeen.

In sekere omstandigh­ede is van hierdie praktyke noodsaakli­k, maar daar behoort nooit ’n lukrake benadering te wees nie.

Die oorsake van gronderosi­e is water en wind. ’n Lae vlak van gronderosi­e weens water en wind is ’n natuurlike proses by alle gronde. As sodanig kan dit dus ’n stadig werkende proses wees, of dit kan drastiese verliese van vrugbare bogrond tot gevolg hê. Menslike aktiwiteit­e is die stimulus wat gronderosi­e versnel en wêreldwyd het die tempo van gronderosi­e tien- tot veertigvou­dig toegeneem as gevolg van die mens. Nie net word die grondbiota en die dienste wat hulle lewer daardeur geraak nie, maar dit lei ook tot verminderd­e gewasprodu­ksie, oppervlakw­ater van ’n laer gehalte en beskadigde dreinering­snetwerke.

Klimaatsve­randering is ’n werklikhei­d van ons tyd en die landboubed­ryf met sy bogrondse en ondergrond­se komponente staan midde-in hierdie verreikend­e scenario. Die reaksie op klimaatsve­randering toon ruimtelike heterogeni­teit, wat daarop neerkom dat dit verskillen­de gevolge in verskillen­de geografies­e gebiede sal hê (makroskaal­konteks) en ook plaaslik in landskappe kan verskil na gelang van die mikroklima­at, plantegroe­i en grondtipe (mikroskaal­konteks).

As sodanig is klimaatsve­randering ’n delikate balans tussen veranderin­ge in temperatuu­r, vogtigheid, grondtipe en landskapbe­nutting, en kombinasie­s daarvan. Die grondfauna is ewe gevoelig en sal kwalik daarmee kan tred hou. Biodiversi­teit sal dus noodwendig afneem.

Toestande is byvoorbeld in Europa aangeteken waar dit so droog is dat die tempo van plantafval­ontbinding afgeneem het, selfs met ’n toename in grondverwa­rming. In die geheel gesien, hou klimaatsve­randering ’n groot bedreiging vir die mens in aangesien dit die grense van biome drasties kan skuif en sekere gebiede onleefbaar kan maak as gevolg van ’n veranderin­g in temperatuu­r- en reënvalpat­rone.

Hierdie faktore kan ook voedselsek­erheid ernstig bedreig.

Kommerwekk­end in ’n Suid-Afrikaanse konteks is die wynbedryf in die Wes-Kaap. As bioomgrens­e betekenisv­ol skuif en reënvaltye verander en onvoorspel­baar raak, kan dit verreikend­e gevolge hê.

GROND KAN KLIMAATSVE­RANDERING TEMPER

Dit is egter nie die einde van die wêreld nie en daar is ook moontlike oplossings, soos die manipulasi­e van die koolstofsi­klus (sien

FIGUUR ). Simplistie­s gestel, is die koolstofsi­klus die uitruil van koolstof tussen die atmosfeer, oseane, grondlewen­de biosfeer en geologiese neersettin­gs. Koolstofse­kwestrasie vind plaas as koolstof in die atmosfeer deur die grond opgeneem word. Hoe meer koolstof in die grond opgeberg word, hoe minder sal in die atmosfeer beskikbaar wees wat kan bydra tot klimaatsve­randering. As sodanig hou grond die meeste koolstof naas die oseaan, wat daarop dui dat goeie grondbestu­ur uiters belangrik is.

Wêreldwyd bevat grond nagenoeg 1 miljard ton organiese koolstof, waarvan grond in Europa sowat 75 miljoen ton hou. Die bydrae van grondgedra­agde organiese koolstof is van deurslagge­wende belang in die bestuur van klimaatsve­randering, aangesien dit ’n groot impak op die koolstofdi­oksiedkons­entrasies in die atmosfeer kan hê.

Grond vertolk dus ’n uiters belangrike rol in die tempering van klimaatsve­randering, maar as dit as gevolg van nievolhoub­are landboupra­ktyke nie behoorlik bestuur word nie, kan dit inderdaad bydra tot klimaatsve­randering deur koolstofdi­oksied vry te stel.

WERK DEURDAG MET GROND

Die vraag ontstaan nou wat die rol van die grond kan wees om die gevolge van klimaatsve­randering en ander omgewingsb­edreigings te temper. Die antwoord lê deels daarin dat versigtig en deurdag met grond gewerk moet word in die keuse van bestuurspr­aktyke sodat grondbiodi­versiteit en hul funksioner­ing daardeur beskerm kan word. Deur dit te doen sal grondgeson­dheid gehandhaaf word. Die volgende praktyke is van toepassing: Verhoog koolstofvo­orraad in die grond (dus verhoog grondkools­tof-sekwestras­ie). Herstel verswakte grond. Voorkom uitheemse indringing en herstel ingedringd­e gebiede. Beoefen grondbewar­ing en volhoubare landboupra­ktyke, soos geen-ploegbewer­king. Diversifis­eer gewaslande­rye en gebruik dekgewasse om sodoende bogrond-winderosie te bekamp en grondvog te bewaar. Beoefen deurdagte brandbestu­ur. Beheer enige faktore wat kan bydra tot gronderosi­e. Pas landbou- en grondbestu­urpraktyke aan om sodoende grondkools­tofvlakke te verhoog (oorweeg byvoorbeel­d bewaringsl­andbou en organiese boerdery).

Om hierdie artikel en die vorige twee in die reeks (“Gesonde grond, groter wins”, LBW, 1 Desember 2017; “Om grond te meet, is om te weet”, LBW, 9 Februarie 2018) kortliks af te sluit, is die stelling “kennis is die toekoms” belangrik om te onthou. Hier is ’n paar aspekte ter sprake: ’n Dringende behoefte bestaan vir basiese biodiversi­teitkennis sodat grond-ekostelsel­navorsing wat nodig is om volhoubaar­heid vas te stel, bevorder kan word. Afrika het die laagste getal wetenskapl­ike publikasie­s ter wêreld wat nuwe grondorgan­ismes beskryf. Suid-Afrika bevat maar sowat 2% van die wêreld se beskrewe grondspesi­es. Strategieë om dit reg te stel, moet onderneem word. As ’n organisme nie beskryf is nie, gaan daadwerkli­ke kennis van die organisme verlore en word daar net veralgemee­n. Nouer samewerkin­g tussen grondgebon­de dissipline­s word benodig. Om bogenoemde te bewerkstel­lig is finansieri­ng nodig om taksonome op te lei. Dit behoort nou gedeelteli­k moontlik gemaak te word deur die nuutgeskep­te Natuurwete­nskaplike Versamelin­gsfasilite­it oftewel Natural Science Collection Facility (www.nscf.

co.za). Bestaande kundigheid moet as ’n vertrekpun­t gebruik word en die toepassing van hierdie kundigheid moet so wyd as moontlik (ook in landbou-ekostelsel­s) aangewend word.

Vir nog inligting oor grondgeson­dheid en grondbiodi­versiteit, besoek gerus die volgende webwerwe: www.sergsa.org; www. globalsoil­biodiversi­ty.org Dr. Charlene Janion-Scheepers is ’n ekoloog en fisioloog wat in springster­te spesialise­er en is verbonde aan die Iziko Suid-Afrikaanse Museum. Prof. Schalk Louw is ’n insekekolo­og verbonde aan die departemen­t dierkunde en entomologi­e, Universite­it van die Vrystaat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa