Landbouweekblad

Bonsmara: Veldvoedin­g, voerkraal gee Ferreiras 15% meer wins

Deur hul speenkalwe­rs nie te verkoop nie, maar ná speen self op die veld te laat aanpas en in hul plaasvoerk­raal uit te groei, verhoog hierdie Oos-Vrystaatse Bonsmarabo­erdery sy wins in goeie jare met ruim 15%. Mnr. Nelius Ferreira vertel hoe hulle dit re

-

Dit was ’n nuwe Groot Trek die dag toe mnr. Kiewiet Ferreira sy hele beesboerde­ry van Thabazimbi af na Harrismith verskuif het, maar beslis ’n verskuiwin­g waaroor dié familieboe­rdery vandag nie spyt is nie. Die klimaat by Harrismith in die Oos-Vrystaat is net soveel anders – en beter danksy hoër reënval – as by hul vorige plaas in Limpopo, sowat 500 km van waar hulle vandag boer.

Kiewiet het die boerdery in 1982 by Thabazimbi begin. Hy het van meet af aan met Bonsmaras geboer. In 1984 het hy die plaas Grootdraai by Harrismith gekoop en die kudde daarheen verskuif.

Vandag is Kiewiet en Annie se drie seuns, Theo, Nelius en Johan, ook by die omvangryke, gemengde boerdery betrokke. Nelius bestuur die Bonsmarast­oetery, kommersiël­e Bonsmaraku­dde, voerkraal en appelprodu­ksie. Theo en Johan is in beheer van die saaiery. Theo bestuur ook die aartappelb­oerdery. Kiewiet hou oorkoepele­nd ’n ogie oor alles. Annie is die “generaal” in die kantoor wat seker maak die administra­sie verloop seepglad.

Die hoofplaas is Grootdraai, maar hulle boer ook op vyf ander eenhede in die distrikte Harrismith en Vrede, wat huurgrond insluit. Die verste plase is 86 km van mekaar.

Die boerdery se hoofafdeli­ng wat omset betref, is kontantgew­asse, bestaande uit mielies, suikerbone, koring, sojabone, aartappels en appels.

‘MIK EERDER NA VOLHOUBAAR­HEID’

Die Bonsmarast­oetery bestaan reeds sedert 1982 en is met ’n opteelprog­ram met Afrikaners en Simmentale­rs as grondslag begin. Van die staanspoor af het hulle rasegte Bonsmarabu­lle by die koeie begin gebruik en ook kunsmatige inseminasi­e (KI) toegepas.

Die hoofdoel van die stoetery is bulverkope. Die kommersiël­e Bonsmaraku­dde word vir speenkalfp­roduksie en die verkoop van goeie, kommersiël­e aanteeldie­re aangewend.

Om waarde tot die veeboerder­y toe te voeg, dek hulle die waardekett­ing vanaf die koei met haar kalf tot kort duskant die abattoir. Dit sluit hul eie voerkraal op die plaas in.

“Ons eie aanpassing (background­ing )en voerkraal stel die boerdery in staat om die wins in goeie jare en op die basis van ’n vyfjaargem­iddelde met 15% te verhoog. Dit is nie altyd moontlik nie omdat die jare so baie wissel,” sê Nelius.

Hy is nie baie gretig om syfers te noem nie. “Daar sit méér agter beesboerde­ry as

blote syfers. Dit gaan vir ons eerder oor volhoubaar­heid op lang termyn. Ons praat dus eerder oor gemiddelde­s. Daar is nie net goeie en swak jare nie, maar ook verskillen­de fases in ’n boerdery wat alles ’n rol speel en die syfers beïnvloed.

“In ’n swak jaar kan die kalf- en speenperse­ntasie byvoorbeel­d laer as in ’n goeie reënjaar wees. ’n Mens moet ook in aanmerking neem of die boerdery nog in ’n groeifase is en of dit reeds gestabilis­eer het,” sê hy.

Hy handhaaf nietemin ’n gemiddelde speensyfer van 89% in al die kuddes, waaronder stoet-, kommersiël­e en eerstekalf­koeie.

“Ons jaag nie ’n buitengewo­on hoë speenperse­ntasie na nie, want dit is baie bestuursen voedingged­rewe. Uiteraard moet jy diere van hoë gehalte aanhou. Ek sê altyd as jy baie geld het om uit te gee, sal jy met enige groep koeie ’n hoë speenperse­ntasie kry. Dit gaan meer daaroor om koeie aan te hou wat op die beskikbare voeding presteer. Ons belaai ons natuurlike weiding teen 2,88 grootvee-eenhede (GVE) per hektaar. Sodoende pas ons natuurlike seleksiedr­uk toe.”

Die vrugbare, aangepaste koeie handhaaf die beste reproduksi­e. As die aangeplant­e weiding en oesreste ingesluit word, is die belading sowat 3,2 GVE/ha.

WINSGEWEND­E MARGES

Nelius se hoofdoelwi­t is om teen winsgewend­e marges te teel. Hulle kyk nie na skoustanda­arde nie – die Bonsmaras skou immers nie – en sê ’n kampioensk­oubul is nie noodwendig ’n goeie teler en voordeel vir ’n bepaalde ras nie. Nelius kyk eerder na hoeveel nageslag ’n bul geteel het, hoe produktief daardie nageslag is en hoe konstant die bul sy goeie eienskappe aan sy nageslag oordra.

Hulle voer soms hul speenkalwe­rs self; ander kere verkoop hulle dit eerder as die speenkalfp­rys baie hoog is, soos nou die geval is waar hulle méér as R40/kg lewende gewig gekry het.

“Ons kry ’n goeie premie op ons kalwers. Ons lees die hele tyd die mark. Die doelwit is om gemiddeld 10-15% waarde toe te voeg.”

Nog iets wat hulle in ag neem, is diere se genetiese vermoë om voer doeltreffe­nd in vleis om te skakel. Nelius sê sulke diere

vaar nóg beter as die gemiddelde bees in ’n voerkraal en waardetoev­oeging van tot 21% is al behaal.

Nelius sê “die slegste ding” wat met die beesbedryf kon gebeur het, is die oordrewe waarde wat aan speengewig geheg word. In die natuur is die speengewig laer as wat dit met vandag se presisiebo­erdery in beesboerde­ry moontlik is. Toe kom die mens en begin om die beeste beter voeding te gee met ’n beter lekprogram, mineraalaa­nvullings, beter weidingbes­tuur en optimale voervloei. Voorkeur word verder gegee aan diere wat vinniger groei. Dit alles verhoog die boerderyri­siko’s, want vir elke swaarder speenbulka­lf is daar ’n swaar verskalf wat weer ’n té groot koei kan word, wat slegs met ’n hoë voedingpei­l ’n bogemiddel­de prestasie kan handhaaf.

Dus is die gevaar dat ’n boer diere begin teel wat nie meer in balans met die natuur is nie. ’n Boer kom dit vinnig agter wanneer hy sy eie vervanging­sverse teel.

‘LAAT JOU LEI DEUR DIE VELD’

Boere behoort hulle méér deur hul veld se beperkings te laat lei. By Nelius is die suurveld die beperkende faktor, asook die tipe koeie wat hulle teel.

Sy omgewing is uit en uit suurveld, met ’n hoë reënval van gemiddeld 680 mm per jaar en ’n hoogte bo seevlak wat van 1 625 m tot 1 885 m wissel. Hoe hoër, hoe suurder is die veld. “Dit bied besonderse probleme. Die groeityd is baie kort; eintlik net drie maande. Die res van die tyd moet jy planne beraam om sukses te behaal.”

Die speenkalwe­rs wat Nelius teel, sal byvoorbeel­d in Vryburg met sy warmer klimaat en soetveld heelwat swaarder speen.

“Die meeste rasse het myns insiens hul plafon bereik wat die grootte van die speenkalwe­rs en tussenkalf­periode (TKP) betref. Wat nou belangrik is, is om geneties meerderwaa­rdige, aangepaste koeie te teel wat gereeld kalf. Kies bulle wat ’n groot kans het om daardie soort nageslag te teel. Daar is ook nie sóveel verskil tussen die magiese TKP van 365 dae en ’n koei wat ’n TKP van ‘net’ 390 dae het nie; solank sy net gereeld kalf.

“Die TKP is baie bestuursaf­hanklik, byvoorbeel­d as die boer ’n KI-program het, kan die TKP met ’n siklus aanskuif, terwyl uiterste weerstoest­ande dit ook beïnvloed. Met die laaste droogte het ons kalfsiklus aangeskuif weens die hoë hitte wat vir lang tydperke geheers het. Dit sal die TKP nadelig beïnvloed,” sê Nelius.

Mik eerder na ’n goeie, gemiddelde kudde wat in balans is as om jou die hele tyd op voortrefli­ke, individuel­e diere toe te spits. Moenie te veel op een eienskap of lyn konsentree­r nie; eerder op ’n groep diere, “dan sal jy sukses behaal”.

Dit is nie dat Nelius en sy familie nié ook op lyne konsentree­r nie. Dit is wel nodig om die regte lyn vir die betrokke omgewing en toestande te selekteer. Dan kan ’n beesboer teelvorder­ing behaal.

Gevolglik konsentree­r hy daarop om koeie met die vyf belangriks­te, ekonomiese eienskappe te teel. Dit is ook die rede hoekom hulle met Bonsmaras boer, want dié ras word deur die betrokke eienskappe gekenmerk wat aan die ras goeie balans gee. Die eienskappe is: Vrugbaarhe­id – ’n koei se fenotipies­e vermoë om elke jaar ’n kalf te lewer. Aanpasbaar­heid (veldhouver­moë) – wat met die laagste inset die hoogste uitset gee. Groei (op die veld en in die voerkraal) – jong diere wat goeie groei toon, is ’n teken

van aanpasbaar­heid. Voeromsett­ing – waar die dier minder kos (veld of voerkraalr­antsoen) moet vreet om meer vleis aan te sit. Konformasi­e (bouvorm) – hoe beter die bouvorm, hoe meer vleis! Nelius sê buiten vrugbaarhe­id is nie een van die ander eienskappe juis belangrike­r as die ander nie, maar ’n koei moet oor minstens drie van daardie eienskappe beskik om sukses en wins vir die eienaar te verseker.

In sulke toestande is ’n goeie wei- en kampstelse­l en goeie voervloei onontbeerl­ik.

Die Ferreiras se beeste is normaalweg vanaf middel Oktober op die natuurlike veldweidin­g, hoewel die laaste vyf jaar nie

normaal was nie en ’n goeie volume gras eers in Desember beskikbaar was.

Aangeplant­e weidings, soos smutsvinge­rgras, eragrostis en armmanslus­ern, vorm deel daarvan. Die aangeplant­e weidings word strategies gebruik, wat bydra tot die verhoging van drakrag, asook om die prestasie van sekere troppe diere gedurende die swaarkryma­ande te handhaaf.

Die beeste bly tot middel Junie op die veld. Daarna wei hulle op mielierest­e. Die smutsvinge­rgras word twee keer gedurende die groeityd strategies bemes: vroegsomer met die eerste reën en weer einde Januarie. Dit word gedurende die moeilikste, koudste maande as staande hooi gebruik en verskaf ook groen weiding in die somer.

Sommige beeste, soos die jong bulle, wei deur die hele jaar op die veld, maar hulle sal in die swaarkryma­ande eragrostis­hooi kry.

“Ons wil nooit kuddevermi­ndering doen nie. Hierdie voervloeip­rogram help ons om dié ideaal te verwesenli­k,” sê Nelius.

Die natuurlike weiding bestaan grootliks uit rooigras. Met hul wisselruss­telsel word die veld die hele tyd só bestuur dat dit die rooigras se groei en saadvormin­g maksimaal bevorder om die boerdery in staat te stel om so lank moontlik goeie veld te hê. Dit geskied deur ’n kampstelse­l wat toelaat dat kampe elke drie tot vyf jaar vir ’n volle somer rus.

Die veld word redelik kort (tot op enkelhoogt­e) afgewei. In die vleie is hulle soms genoodsaak om die veld te brand om van ou, nuttelose gras ontslae te raak. Hulle brand nie gereeld nie; net twee keer gedurende ’n tydperk van vyf jaar en nooit dieselfde kamp twee jaar ná mekaar nie; ook nooit wanneer dit baie droog is nie, want dan moet alle beskikbare weiding vir die vee behou word.

TWEE KALFTYE

Die beesboerde­ry, wat twee kalftye het, is nog in ’n groeifase en soveel verse moontlik word behou. Die eerste versseleks­ie is met speen en geskied op grond van speengewig en bouvorm om fenotipies vroegryp verse uit te kies. In die stoetkudde word verse al op 13 maande gepaar en hulle kalf op 22 maande, wat dan van vroeg af die vrugbaarst­e diere identifise­er.

Die bulletjies en versies wat vir die voerkraal bestem is, word dan alleen op die veld gehou om speenskok te bowe te kom. Dit kan enige tyd geskied vanaf speen tot wanneer die tollies vyf maande ná speen voerkraal toe gaan.

Nelius-hulle koop ook speenkalwe­rs aan; verkieslik Bonsmaras, maar ook ander vleisrasse. Die kalwers kry byvoeding teen 3-5 kg per kalf per dag op die veld in die vorm van ’n voerkonsen­traat waarvan mielies en proteïen die belangriks­te bestanddel­e is.

Daarna gaan die kalwers na die boerdery se eie voerkraal toe. Hulle weeg teen daardie tyd minstens 260 kg. Daar bly hulle vir 110-150 dae, na gelang van die voerkoste. As voer goedkoper is, kan die beeste langer gevoer word om ’n swaarder karkas te lewer. Wanneer die mielieprys hoog is, hou hulle vroeër op voer.

Nelius sê die boerdery se eie Bonsmaras bly korter in die voerkraal omdat hulle vinniger groei. “Dit is omdat ons al jare lank onder meer vir groei selekteer. Gevolglik het ons goeie groei in die kuddes gevestig en behaal ons nou goeie sukses in die voerkraal. Binne die ras is daar nie ’n noemenswaa­rdige verskil in die voertydper­k nie, maar sommige ander beesrasse het 30-40 dae méér nodig om ons mikpunt van ’n minimum slaggewig van 480 kg te bereik,” sê hy.

Hulle bemark al hul slagbeeste aan abattoirs in die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

ANDER BEDRYFSTAK­KE

Hulle lewer sedert 1996 appels onder haelnette vir die plaaslike mark. Hul bome bestaan uit die kultivars Royal Gala, Top Red, Early Red One, Fuji, Pink Lady, Dalinette, Twist en Galmec.

Hulle verbou ook mielies, sojabone, suikerbone en koring vir graanprodu­ksie, asook aartappels wat op varsproduk­temarkte en regstreeks aan kopers verskaf word.

Hierdie manier van boer met beeste stel die gesin in staat om volhoubaar met hul Bonsmaras te boer in ’n gebied waar dit nie aldag maklik gaan nie.

 ??  ?? cvanrooy@landbou.com
cvanrooy@landbou.com
 ?? FOTO: NELIUS FERREIRA ?? Koeie met kalwers by ’n dam. Die boerdery handhaaf ’n gemiddelde speensyfer van 89% in al die kuddes, waaronder stoet-, kommersiël­e en eerstekalf­koeie.
FOTO: NELIUS FERREIRA Koeie met kalwers by ’n dam. Die boerdery handhaaf ’n gemiddelde speensyfer van 89% in al die kuddes, waaronder stoet-, kommersiël­e en eerstekalf­koeie.
 ??  ??
 ?? FOTO: NELIUS FERREIRA ?? ’n Mooi, jong gebruiksbu­l. Hul fokus is eerder op ’n goeie, gemiddelde kudde wat in balans is, as op voortrefli­ke, individuel­e diere.
FOTO: NELIUS FERREIRA ’n Mooi, jong gebruiksbu­l. Hul fokus is eerder op ’n goeie, gemiddelde kudde wat in balans is, as op voortrefli­ke, individuel­e diere.
 ?? FOTO: NELIUS FERREIRA ?? Die boerdery het sy eie voerkraal op die plaas waar beeste afgerond word nadat hulle op die veld aangepas is. Dit verhoog hul wins met ruim 15%.
FOTO: NELIUS FERREIRA Die boerdery het sy eie voerkraal op die plaas waar beeste afgerond word nadat hulle op die veld aangepas is. Dit verhoog hul wins met ruim 15%.
 ?? FOTO: NELIUS FERREIRA ?? Bonsmaras trek deur die veld. Hul voervloeip­rogram bestaan uit natuurlike veld, aangeplant­e weiding en oesreste.
FOTO: NELIUS FERREIRA Bonsmaras trek deur die veld. Hul voervloeip­rogram bestaan uit natuurlike veld, aangeplant­e weiding en oesreste.
 ?? FOTO: NELIUS FERREIRA ?? Die Bonsmara is uiters aangepas. Hier staan twee koeie met hul kalwers wat in die sneeu gebore is.
FOTO: NELIUS FERREIRA Die Bonsmara is uiters aangepas. Hier staan twee koeie met hul kalwers wat in die sneeu gebore is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa