Landbouweekblad

Quinoa KZN se nuwe mielies?

- — MARLEEN SMITH

’n KwaZulu-Natalse boer het daarin geslaag om quinoa suksesvol te verbou. Dié pseudograa­n uit die Andesgeber­gte in Suid-Amerika raak ál gewilder onder ryk en gesondheid­sbewuste Westerse verbruiker­s.

Quinoa, wat ook toenemend in Australië en Amerika as wisselboug­ewas beproef word, is onder meer besonder hoog in proteïene en staan as ’n sogenoemde superkos bekend.

Mnr. Erich Barry, wat buite Winterton aan die voetheuwel­s van die Drakensber­ge tussen Champagne Castle en Cathedral Peak mielies en sojabone saai, sê hy het die lappie quinoa op droëland met ’n koringplan­ter gesaai.

’n Medeboer, mnr. Angus McIntosh van Stellenbos­ch, het vir hom ’n paar sakkies quinoi uit ’n kruidenier­swinkel gebring. Hy het maar geraai hoe diep of dig dit gesaai moet word, maar dit het gou welig gegroei te midde van een van die ergste droogtes wat dié gebied nog getref het. Die onkruid wat tussenin opgekom het, het hy met die hand uitgetrek.

Hy is steeds onseker hoe quinoa verbou of geoes moet word nie, maar sal nou wag en kyk en navraag probeer doen by oorsese boere wat dit wel kommersiee­l verbou.

Die prys van quinoa het ’n paar jaar gelede teen ’n rekordtemp­o gestyg nadat dit al hoe gewilder op Westerse kosrakke begin raak Meer as honderd boere en vyftien kleinhande­laars en slaghuise neem nou al aktief aan die Karoolam-sertifiser­ingskema deel, berig Karoo Meat of Origin, die organisasi­e agter dié skema, in sy jongste nuusbrief.

Deelnemers boer by Carnarvon, Williston en Calvinia en daar word sowat 900 egte Karoolamka­rkasse per maand verhandel. het. Quinoa is glutenvry en word tradisione­el deur kleinboere in Peru en Bolivia verbou, waar dit ’n stapelvoed­sel is.

Dit is nie ’n graan of ’n peulplant nie, maar aan spinasie en suikerbeet verwant.

Namate die prys so skerp gestyg het, het al hoe meer boere, ook in Europa, dit kommersiee­l begin verbou. Die gewas is nie net voedsaam nie, maar aard ook goed in gebiede met marginale grond en lae reënval, soos Wes-Australië.

Die webtuiste DutchNews.nl berig dat Nederland een van die lande is waar quinoa al hoe gewilder raak. Dit word toenemend in die plek van rys gebruik. Nederland se verbruik het volgens dié land se statistiek­diens van 267 000 kg in 2012 tot meer as 2 miljoen kg in 2016 toegeneem.

Net in 2016 is ook 5,5 miljoen kg quinoasaad na dié land uitgevoer en sowat 20 Nederlands­e boere eksperimen­teer deesdae met die gewas.

Peru is steeds die wêreld se voorste quinoaprod­usent, gevolg deur Bolivia en Chili.

 ?? FOTO: JAKOB VOSS, WIKIPEDIA ?? ’n Skaapkudde wat Sommebaai se gesogte lamsvleis, agneu de pré-salé lewer, wei digby die eiland Le Mont SaintMiche­l aan die kus van Normandië in Frankryk.
Dr. Sara Erasmus, wat vir haar doktorsgra­ad die unieke sensoriese eienskappe van Karoolam bewys...
FOTO: JAKOB VOSS, WIKIPEDIA ’n Skaapkudde wat Sommebaai se gesogte lamsvleis, agneu de pré-salé lewer, wei digby die eiland Le Mont SaintMiche­l aan die kus van Normandië in Frankryk. Dr. Sara Erasmus, wat vir haar doktorsgra­ad die unieke sensoriese eienskappe van Karoolam bewys...
 ?? FOTO: ERICH BARRY ?? Die quinoa op mnr. Erich Barry van Winterton se plaas.
FOTO: ERICH BARRY Die quinoa op mnr. Erich Barry van Winterton se plaas.
 ?? FOTO: 100DAYSOFR­EALFOOD.COM ?? REGS: Quinoa word as ’n sogenoemde superkos beskou en is ’n gewilde bestanddee­l in slaai.
FOTO: 100DAYSOFR­EALFOOD.COM REGS: Quinoa word as ’n sogenoemde superkos beskou en is ’n gewilde bestanddee­l in slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa