Landbouweekblad

Grondontei­ening: Ramaphosa tussen twee vure

- — JOYLENE VAN WYK

ONTEIENING sonder vergoeding sal binne ’n breë en omvattende grondherve­rdelings- en landbou-ontwikkeli­ngsplan ingebed moet word om te keer dat die onteiening van grond die landbou en die ekonomie op sy knieë dwing.

Pres. Cyril Ramaphosa het in die repliek op sy eerste staatsrede in die Parlement verlede week meer lig begin werp op sy denke oor die ANC se omstrede besluit verlede jaar om onteiening sonder vergoeding as partybelei­d te aanvaar.

Hy het gesê die apartheids­regering se onteiening van grond was een van die oorspronkl­ike bronne van verdeeldhe­id onder Suid-Afrikaners.

“Die onteiening van grond sonder vergoeding word gesien as een van die maatreëls wat ons sal gebruik om die herverdeli­ng van grond aan swart Suid-Afrikaners te versnel.”

Maar hy het dit ook duidelik gemaak dat ’n kollektiew­e besluit geneem sal word hoe die maatreël ingestel kan word sodat dit ook landboupro­duksie kan bevorder, armoede verlig en die ekonomie van die land kan versterk.

“Restitusie is ’n diepgaande verantwoor­delikheid wat aan ons generasie gegee is. Ons is dit verskuldig aan ons voorvaders en aan ons kinders om te verseker dat dit vervul word.”

‘NIE ROEKELOOS’

Hy het vrese besweer dat onteiening sonder vergoeding roekeloos gedoen sal word. Die ingewikkel­de kwessie sal só gehanteer word dat die foute wat ander gemaak het, nie herhaal word nie.

“Ons sal nie ‘vat en gryp’-ingrypings toelaat nie. Ons sal die kwessie hanteer op dieselfde manier wat ons al die ander moeilike kwessies in ons land moes hanteer. Ons sal altyd probeer om te doen wat in die beste belang van ons mense is.”

Ramaphosa het landsburge­rs ook gevra om die versnellin­g van grondhervo­rming te sien as ’n geleenthei­d en nie ’n bedreiging nie.

“Ons moet dit as ’n geleenthei­d sien om onsself te bevry van die bitterheid en pyn van die verlede,” het Ramaphosa benadruk.

TEENSTRYDI­G

Ramaphosa het aanvanklik in sy staatsrede op 16 Februarie die finansiële sektor versoek om “die Regering se vennoot te wees” om hulpbronne te mobiliseer sodat grond onteien kan word sonder vergoeding.

Hy het aangedui dat die landbou van die grootste geleenthed­e vir beduidende groei in die land se ekonomie en arbeidsekt­or bied. Vanweë dié sektor se bydrae het die land se ekonomiese groei in die tweede en derde kwartaal van 2017 verbeter.

“Vanjaar sal ons besliste stappe doen om die groot ekonomiese potensiaal van die landbou te verwesenli­k. Ons sal ons grondhervo­rmingsprog­ramme versnel, nie net om die bedenklike historiese ongeregtig­heid te herstel nie, maar ook om meer produsente na die landbousek­tor te bring en om meer grond beskikbaar te stel vir bewerking,” het Ramaphosa gesê.

 ??  ?? Mnr. Cyril Ramaphosa
Mnr. Cyril Ramaphosa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa