Landbouweekblad

Blink toekoms vir SA rosyne

Heelwat geleenthed­e, veral wat uitvoer betref, is vir Suid-Afrikaanse produsente van rosyne beskikbaar. Die plaaslike rosynbedry­f is bekend om hoë standaarde en goeie gehalte. Ten spyte van ’n sterker rand en die klimaat kan dít steeds gehandhaaf word.

-

Rosyne se bydrae tot die jaarlikse omset van die Suid-Afrikaanse sagtevrugt­ebedryf het in 2016 byna 9% of R1,22 miljard beloop. Die totale omset van die sagtevrugt­ebedryf, wat kernvrugte, steenvrugt­e, kersies en droëvrugte insluit, het in 2016 R13,63 miljard beloop.

Die uitvoer van rosyne maak 44% van die totale sagtevrugt­euitvoer uit. Ongeveer 85% van Suid-Afrika se rosyne word na die Europese Unie, Rusland en Noord-Amerika uitgevoer.

Die rosyntjies­eisoen eindig teen einde April. Produsente berg normaalweg nie hul rosyne tot later as einde April op nie, terwyl uitvoerder­s rosyne opberg en op ’n maandeliks­e grondslag deur die jaar uitvoer.

Kopers bied pryse vir rosyne aan, maar die prysaanbod kan deur die loop van die leweringse­isoen verander.

Die 2018-seisoen se laer produksie van rosyne kan, anders as wat algemeen aanvaar word, nie aan die droogte toegeskryf word nie. Die Benede-Oranjerivi­erbesproei­ingsgebied naby Upington het verlede September ryptoestan­de en ’n koue laatwinter deurgemaak. Die ryptoestan­de het oorwegend in die Groblersho­op-gebied in die Noord-Kaap voorgekom, wat tot dalings in die produksie van rosyne bygedra het.

Die voorlopige produksies­katting, wat die Vredendalp­roduksiege­bied in die Wes-Kaap en die Benede-Oranjerivi­er insluit, het 70 000 ton tot 75 000 ton beloop. Volgens opnames in Januarie vanjaar het die produksies­katting tot 55 000 ton tot 60 000 ton gedaal. Produsente het aan die begin van die seisoen ’n rekordoes verwag omdat meer jong wingerde, nuwe kultivars en uitbreidin­gs ’n hoër produksie kon ondersteun.

Die inname vir die produksies­eisoen begin in Februarie en neem daarna vinnig toe. Hoewel reën in die gebied voorgekom het, was die skade beperk en die impak nie so groot soos in die vorige twee jaar nie.

Die gradering van rosyne word deur aanlegte hanteer. Aanlegte wat die uitvoermar­k bedien, moet rosyne volgens dieselfde riglyne gradeer om die uitvoer daarvan te bevorder. Droëvrugte Tegniese Dienste speel ’n groot rol om te verseker dat Suid-Afrikaanse uitvoerros­yne van hoogstaand­e gehalte is.

ROSYNTJIEP­RYSE

Produsente­pryse vir rosyne het op ’n jaargronds­lag toegeneem. Die aanduidend­e pryse in Januarie vir keurgraadr­osyne het ongeveer R20/kg (songedroog­de Thompson-rosyne), R26/kg (goue rosyne), R22/kg (Oranjerivi­er-rosyne), R15/kg (Westelike Provinsie-rosyne) en R42/kg vir jumbo goue rosyne beloop.

Die hoër plaaslike pryse is die gevolg van ’n toename in internasio­nale pryse en ’n daling in oordragvoo­rraad. Die daling in die internasio­nale oordragvoo­rraad word aan ongunstige weerstoest­ande in produksieg­ebiede toegeskryf. Boonop het Amerikaans­e produsente hul aanplantin­gs onder amandels uitgebrei en hul produksie van rosyndruiw­e afgeskaal.

Die sterker rand kan egter die uitvoerpry­se van rosyne onder druk plaas en gevolglik ook die marges van rosyntjie-aanlegte.

Aanlegte sal dan gedwing wees om hul produsente­pryse te verlaag. Die fel wedywering tussen aanlegte om rosyne te bekom, behoort pryse egter te ondersteun sodat die produksie daarvan winsgewend bly.

Die gemiddelde uitvoerpry­s vir rosyne na alle bestemming­s het verlede jaar R27,14/kg beloop, terwyl 48 868 355 kg uitgevoer is. Die gemiddelde uitvoerpry­s in 2016 was R31,05/kg en 46 484 918 kg druiwe is uitgevoer. Die uitvoerpry­s vir rosyne het dus ná lewering onder meer weens ’n sterker rand met 12,6% gedaal, terwyl die uitvoer van droëdruiwe met 5% in gewig toegeneem het.

GEVOLGTREK­KING

Die rosyntjieb­edryf hou belofte in. Produsente moet egter daarop let dat hul droogbane teen einde 2019 geakkredit­eer moet wees volgens Suid-Afrikaanse beginsels vir goeie landboupra­ktyke om te voorkom dat uitvoer in gevaar gestel word. Produsente kan ook die vervanging van wingerde evalueer.

Dié aspekte kan die toekomstig­e produksie en uitvoer van die belowende rosyntjieb­edryf bevorder. Suid-Afrika lewer rosyne van goeie gehalte aan die uitvoermar­k en die bedryf moet probeer om dié standaard te handhaaf.

Mnr. Napier de Kock is ’n landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Upington en mnr. Wessel Lemmer (foto) is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa