Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- die plaag te bekamp. Hoe gouer ’n mens begin, hoe beter,” sê hy.

TIER TREK SWAAR

Die genoteerde voedselmaa­tskappy Tiger Brands se omset was weens die pap ekonomie en voortgeset­te droogte in die Wes-Kaap op ’n jaargronds­lag 5% kleiner in die vier maande tot 31 Januarie. Tog het die sterker rand, saam met laer pryse vir grondstoww­e, gesorg vir ’n hoër bruto wins. Die maatskappy sê in ’n kennisgewi­ng op die JSE-nuusdiens enige betekenisv­olle verbeterin­g in sy resultate sal afhang daarvan of die verbruiker­somgewing verbeter. Die hooffokus bly kostebespa­ring. Die maatskappy sê tensy perke op die gebruik van boorgatwat­er ingestel word, sal die droogte en watertekor­te in die Wes-Kaap nie sy fabrieke daar ontwrig nie.

GEEN DEURBRAAK

Die dodetal in die grootste uitbreking van listeriose tot dusver in Suid-Afrika en ter wêreld het teen druktyd op 164 gestaan en steeds kan die bron van die besmetting nie opgespoor word nie. Die meeste gevalle (59%) het in Gauteng voorgekom, gevolg deur die WesKaap met 13% en KwaZulu-Natal met 7%. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (NIOS) kan daar nou al rekenskap gegee word van 597 van die 872 laboratori­umbevestig­de gevalle van die siekte wat sedert begin verlede jaar voorgekom het. Niemand weet hoeveel van die ander 275 pasiënte ook dood is nie. Die epidemie is deur een spesifieke stam van die bakte- rie veroorsaak en kenners meen daar is net een bron van besmette voedsel wat wyd versprei word, of andersins verskeie produkte wat uit een besmette verwerking­saanleg versprei word.

KRY JY SEIN?

Agri Noordwes doen ’n beroep op alle boere in dié provinsie wat probleme met ’n data- of selfoonsei­n op die Vodacom-netwerk ervaar, om dit teen 3 Maart soveel kere moontlik by die hulpnommer 082 111 aan te meld. Kry verwysings­nommers en stuur dan al jou klagtes, die verwysings­nommers, die Vodacom-nommers wat jy gebruik en die gebied waar die probleme ondervind word, na naudepiena­ar@

vodamail.co.za. Agri Noordwes vergader op 6 Maart met Vodacom en wil ’n lys van aangemelde klagtes aan die maatskappy oorhandig en die klagtes bespreek.

WURM-OPMARS

Die herfskomma­ndowurm kom reeds wyd in Limpopo, dele van Mpumalanga, by Richmond in KwaZulu-Natal, Oos-Londen in die Oos-Kaap, by Brits in Noordwes en enkele plekke in Gauteng noord van Pretoria voor. Boere in die Vrystaat, Wes- en Noord-Kaap moet egter nie gerus wees nie, sê mnr. Jan-Hendrik Venter, bestuurder van plantgeson­dheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, want dis nie verniet dat die wurm die herfskomma­ndowurm heet nie. Nou is die seisoen wanneer boere hul waarneming veral moet opskerp om die plaag te identifise­er en te bestry. “Dit is moeilik om

WEELDERIG

Twee wolboere van Wakkerstro­om het verlede week die nasionale rekordprys vir wol verbeter toe van hul superfynwo­l (15,6 mikron) op die wolveiling van CMW/OVK vir R216,80/kg verkoop is ten spyte van ’n laer mark vir fynwol. Volgens die Cape Wools-markversla­g vir die veiling van 21 Februarie is die baal aan Standard Wool verkoop. Die boere, mnre. Hans en Kerneels Greyling, het die wol onder die Kerneels Trust verkoop en het ’n skoon opbrengs van 72,8% behaal. Die skoon prys was R297,80/kg.

MEER MAKADAMIAS

Volgens die nuutste skatting vir Suid-Afrika se makadamia-oes vir 2018 kan plaaslike kwekers vanjaar 54 000 ton neute (in die dop) met ’n neutkernvo­ginhoud van 1,5% lewer. Dit is 21% meer as verlede jaar se oes van 44 610 ton. Die 2018-skatting is afwaarts aangepas van ’n aanvanklik­e skatting van 56 000 ton in Desember, maar kwekers verwag dat die gehalte van makadamias goed sal wees. Mnr. Barry Christie van die Suid-Afrikaanse Makadamiak­wekersvere­niging sê in ’n verklaring die vraag na neutkern word al hoe groter. Minstens 55% van die 2018-oes sal uitgekraak word teenoor 49% verlede jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa