Landbouweekblad

La Niña neem wyk, bring hoop vir Wes-Kaap

- — ALANI JANEKE en JASPER RAATS * Lees meer by bit.ly/2ESIPgq en bit.ly/2Fkhl0O

DIE La Niña-verskynsel verswak en dit is waarskynli­k goeie nuus vir die Wes-Kaap en aangrensen­de gebiede ten opsigte van reënval, sê mnr. Johan van den Berg, ’n klimatoloo­g van Santam Landbou.

In sy jongste weerversla­g sê hy dat tipiese La Niña-toestande gewoonlik droër toestande veroorsaak, asook ’n reëntyd wat later begin. Hy sê die verswakkin­g van die La Niña-toestande en die moontlike veranderin­g na hoër see-oppervlakt­emperature in die Stille Oseaan kan daartoe lei dat reën vroeër in die Wes-Kaap en aangrensen­de gebied kan voorkom as wat aanvanklik verwag is.

Die kans op reën oor die noordelike en noordooste­like dele van Namibië is steeds goed. “Die toestande kan ook ietwat verbeter oor die sentrale tot suidelike dele, maar nie in die mate wat aanvanklik­e voorspelli­ngs aangedui het nie.”

DOER ONDER

Groot dele van die somerreëng­ebied het die afgelope weke goeie reën gekry, maar daar is steeds gebiede waar baie min reën voorgekom het. “Die grootste deel van die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Limpopo en plekke in Noordwes het nog baie min of geen reën gekry nie,” sê Van den Berg.

Hy sê dat swak koppeling tussen die oseane se oppervlakt­oestande en weerstelse­ls plaasgevin­d het, wat waarskynli­k ’n gevolg van die swak ontwikkeld­e La Niña-toestande is. “Interessan­t is dat dieselfde gebeur het in Australië, waar ook nie ’n tipiese La Niña-reënvalpat­roon voorgekom het nie.”

‘LENTE’ IN DIE NOORDE

Intussen het oorvloedig­e reën in Limpopo geval, waar dele tot dusver dié seisoen nog net 70 mm se neerslae gekry het.

Mnr. Piet Warren, ’n wildboer van Gravelotte, het geskerts die meer as 50 mm wat verlede week op sy plaas uitgesak het, het gesorg vir ’n “pragtige Oktober-oggend”. Hy meen die Laeveld gaan nou blom asof dit lente is.

Ander baie droë dele wat reën gekry het, was Melkrivier, Vaalwater, Thabazimbi, Steenbokpa­n en Lephalale aan die westekant van die Waterberg. Hoewel dit lyk of die neerslae kol-kol voorgekom het, sê me. Lynette van der Walt van Die Sentrum naby Steenbokpa­n dat dit by hulle sowat 48 mm gereën het.

By Vaalwater het dit verlede Woensdagog­gend 26 mm gereën.

Op pres. Cyril Ramaphosa se plaas tussen Bela-Bela en Thabazimbi het dit sedert 22 Januarie al 155 mm gereën. Daar was ook meer as 100 mm op Mokopane.

Die Laeveld van Mpumalanga het ook goeie reën gekry. Tot 21 Februarie het dit 47 mm in Croc Valley gereën, meer as 60 mm in Nelspruit, 81 mm in Barberton, 65 mm in Witrivier, 55 mm in Lydenburg, 51 mm in Komatipoor­t en 71 mm in Malelane.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa