Landbouweekblad

Konsultant­e ‘skep weer’ by restitusie-eise

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming gaan meer as R331 miljoen van sy restitusie­begroting aan konsultant­e bestee om uitstaande restitusie-eise vinniger af te handel.

Mnr. Malusi Gigaba, Minister van Finansies, het in sy begrotings­rede aangedui dat restitusie steeds ’n groot voorrangsa­ak vir die Regering is en dat die betrokke departemen­t groter aandag daaraan wil gee.

Die departemen­t se begroting vir die boekjaar 2018-’19 is R10,4 miljard en vir die daaropvolg­ende twee jare onderskeid­elik R11 miljard en R11,7 miljard. Die departemen­t wil in die mediumterm­yn-bestedings­raamwerk (MTBR) sy navorsings­proses vaartbelyn maak deur konsultant­e aan te stel om die uitstaande 2 851 eise en eisers te verifieer en grondwaard­erings te doen.

In die MTBR is R10,8 miljard (32,3% van die departemen­t se totale begroting vir die drie boekjare) begroot om eise af te handel. Altesaam R331,6 miljoen word vir konsultant­e begroot. Die departemen­t het al by die Parlement se portefeulj­ekomitee raas gekry toe hy van 2005 tot 2008 meer as R1,4 miljard aan konsultant­e bestee het. Dit was omdat hy van afgetrede werknemers of diegene wat pakkette geneem het, vir spesiale projekte moes gebruik.

‘PRODUKTIEF, WINSGEWEND’

Die Tesourie dui aan dat die departemen­t R4,2 miljard in die loop van die MTBR opsygesit het vir die koop van 291 000 hektaar strategies geplaasde grond en “om te verseker dat die grond wat herverdeel word, produktief en winsgewend word”.

Altesaam R8,7 miljard is vanaf 2018 tot 2021 vir grondhervo­r- mingsprogr­amme beskikbaar. Dit beslaan 26,2% van die departemen­t se begroting.

R4,6 miljard sal na verwagting gebruik word vir die een-huishoudin­g-een-hektaar-inisiatief, die herkapital­isering van bestaande projekte en die waardering van grond wat vir grondhervo­rming geoormerk is.

Sedert die begin van die herverdeli­ngsprogram van die departemen­t in die boekjaar 2008-’09 is 1 787 plase tot stand gebring uit die meer as 4,7 miljoen hektaar grond wat herverdeel is. Altesaam R1,5 miljard word in die MTBR toegestaan om hierdie en ander verwante projekte in die grondhervo­rmingsprog­ram uit te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa