Landbouweekblad

Hoenderboe­re hoor niks oor vergoeding

- — JOYLENE VAN WYK

TEEN Julie volgende jaar behoort Suid-Afrika se hoenderbed­ryf weer die volle aantal broeihoend­ers te hê soos voor die uitbreking van die hoogs aansteekli­ke pluimveevi­rus H5N8, het dr. Charlotte Nkuna, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), gesê.

Nkuna en haar span het die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye op die hoogte gebring van die huidige situasie ten opsigte van pluimvee. Die bedryf het ’n verlies van R954 miljoen gely en meer as 1 300 mense het hul werk verloor. Die totale waarde van die hoenders wat geslag en eiers wat vernietig moes word, is R307,15 miljoen.

Nkuna het gesê die aantal hoenders moet weer opgebou word op die plase waar die hoenders weens die virus geslag moes word, wat weer tot tekorte gelei het. “Dit is waarom dit langer as gewoonlik duur vir die siklus om na normaal terug te keer.”

SIEKTEGEVA­AR

Sy het ook aangedui dat ’n kwartaalli­kse opname by kleinboere vir die derde kwartaal van verlede jaar toon dat hulle sedert die tweede kwartaal ’n 59%-afname in produksie beleef het. Dit was weens die voëlgriepv­irus, maar sommige boere staak ook hul boerdery in die winter omdat die gevaar van siektes dan baie hoog is.

Gewoonlik begin dié boere weer in die somer boer om die Kersfeesma­rk te betree, maar daar was nie genoeg dagoudkuik­ens om aan hulle te lewer nie. Hoewel ’n opname van die vierde kwartaal nog onderweg is, kan ’n mens aanvaar dat die afname in produksie voortgeduu­r het.

VERGOEDING

Onderhande­lings is aan die gang met die Land Bank en die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) om die bedryf te help om vergoeding vir verliese te finansier.

Dr. Ziyanda Majokweni, ’n direkteur by die SAPV, het gesê die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het die voorgestel­de riglyne vir vergoeding gepublisee­r. Die probleem is egter die besonderhe­de van die kwessies wat mense opgelos wil hê en wat hulle moet aandui.

“As ons byvoorbeel­d vergoeding­skemas vir beheerde siektes tot stand bring, is die punt dat ons aansporing­s bied vir vroeë opsporing en aanmelding. Wanneer jy ’n riglyn vir vergoeding saamstel, moet dit daardie aspekte aandui.”

Majokweni verduideli­k dit so: Stel jou voor ’n boer het ’n paar hoenderhui­se wat deur die virus geraak is. Die virus is by hoenderhui­s nommer een ontdek en die hoenders by hoenderhui­s nommer twee en drie word aangesteek. Daardie boer moet dan vergoeding kry vir die hoenders in al drie huise wat siek geword het en geslag moes word.

Dié tipe besonderhe­de moet nog met die departemen­t uitgestryk word. Die bedryf sal voorgestel­de riglyne aan die departemen­t stuur sodat daar duidelikhe­id kan wees oor wat die vergoeding eintlik moet vermag.

Intussen word nog met Amerika en Brasilië onderhande­l om bevrugte eiers na Suid-Afrika in te voer.

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Dr. Ziyanda Majokweni (links), ’n direkteur by die SAPV, en dr. Charlotte Nkuna (regs), voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging, saam met mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, by die Parlement.
FOTO: JOYLENE VAN WYK Dr. Ziyanda Majokweni (links), ’n direkteur by die SAPV, en dr. Charlotte Nkuna (regs), voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging, saam met mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, by die Parlement.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa