Landbouweekblad

Angus gesels

-

Lente is vir my die opwindends­te tyd van die jaar wanneer die lande vir aanplantin­gs vir die nuwe seisoen voorberei word. Lente beteken nuwe lewe en geleenthed­e en is ’n nuwe begin. Die Here Jesus vertel vir ons ’n storie (gelykenis) in Lukas 8:5 van ’n saaier wat uitgegaan het om die saad te saai, wat my en jou verteenwoo­rdig. Sommige van die sade het eenkant geval en die voëls het dit opgepik. ’n Deel het op die klippe beland waar dit ontkiem en gou verwelk het omdat die son warm was en die vog min. Nog ’n deel het tussen die dorings (onkruide) geval waar dit opgekom en deur die onkruide verdring is. Sommige sade het in die goeie grond beland waar dit opgekom en honderdvou­dig geprodusee­r het.

Ek voel ons in Suid-Afrika moet goeie saad saai, want soos ’n bekende saadmaatsk­appy sê: Good seed does not cost, it pays. Natuurlik praat die Here van die Woord van God. Soos nog nooit vantevore nie, moet ons in Suid-Afrika van voor af lei. Ons moet goeie saad onder ons personeel saai en hulle die waarheid in liefde meedeel. Ons moet ook ons bure en die mense in die plaaslike dorpe vertel daar is net een weg en een hoop vir ons land.

Ons moet regtig as ’n nasie saamwerk; swart én wit, arm én ryk, om te sorg dat hierdie land ’n skitterend­e voorbeeld vir die res van ons geliefde Afrika kan word.

Onthou altyd: Wat jy saai, sal jy maai. As jy haat, woede, angs en negatiwite­it saai, is dít presies die oes wat jy gaan kry. As jy egter liefde, vrede, optimisme, standvasti­gheid en vreugde saai, is dit óók wat jy gaan oes. Daar is nie langer tyd vir ons nasie om te hoop vir die beste nie. Ons moet seker maak dat wat ons ook al doen, volgens God se plan vir die plaas, gemeenskap en nasie is.

Die groot Saaier van die saad, Jesus Christus, is ons voorbeeld. Galasiërs 6:9 sê: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.”

God seën julle ryklik.

Ons moet seker maak dat wat ons ook al doen volgens God se plan vir die plaas, gemeenskap en nasie is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa