Landbouweekblad

Kruip hulle regtig in jou ore? (Boereblog)

- BRONNE: Insects of South Africa deur Mike Picker, Charles Griffiths en Alan Weaving.

Die storie dat sandoorkru­ipers (Labidura riparia )by jou oor inkruip, na die brein beweeg en daar sy eiertjies lê, het al in antieke tye ontstaan. Die larwes sou dan aan die brein vreet – hoe grusaam! Die diertjies is toe gevang, gedroog en verpoeier om oorpyn en doofheid te behandel.

Vandag weet ons gelukkig van beter. Hierdie insek is nie gevaarlik nie. Dit kan nie eens behoorlik byt nie, dit lewe van verrottend­e plantmater­iaal en vang so af en toe ’n klein insekkie.

Oorkruiper­s hou besonder baie van moteiers, miere, hul eiers en larwes en is dus nuttig om die huis rond.

GROOT HOUDING

Toegegee, dit lyk nogal gevaarlik. As die diertjie bedreig word, neem dit ’n aggressiew­e en dreigende houding in.

Die klein kalant, skaars 3 cm lank, sien kans om ’n besem af te weer. Met sy klein breintjie oorskat hy homself heeltemal.

’n Mens sien hulle nie so dikwels nie, want hulle bly bedags in donker en vogtige plekke, soos onder ’n klip of houtstomp, onder boombas of in ’n kraak in die vloer of muur – gewoonlik buite die huis.

EIERS OPGEPAS

As hulle onder ’n klip of boomstomp woon, is daar ’n klein, ronde gaatjie: Dis die oorkruiper­s se grot.

Tot 50 eiertjies word op die sand gelê en een-een by die grot ingedra. As almal gebêre is, krul die oorkruiper bo-op die eiers op en bewaak dit. Sy draai die eiers so dan en wan en maak hulle skoon. As die nimfies uitkruip, word hulle dikwels opgepas tot hulle op hul eie kan voortgaan.

In sekere gerugte steek daar dus soms baie min waarheid. Oorkruiper­s kan eintlik baie meer nuttig as gevaarlik wees. Anka Eichhoff is ’n plaasvrou van die sentrale ooste van Namibië. Sy beoefen plant- en goggakunde as stokperdji­e. In ’n bewusmakin­gsveldtog onder medeboere vertel sy in kort artikels oor wat sy in die veld raaksien wat interessan­t, belangrik, giftig, mooi, merkwaardi­g of snaaks is. (sien www.kyffhauser.co.za/ invertebra­tes).

 ??  ?? BO:Die eiers word buite die oorkruiper se grot gelê en dan een-een ingedra. REGS:Dinamiet kom in klein pakkies. As die oorkruiper bedreighou­ding in.
BO:Die eiers word buite die oorkruiper se grot gelê en dan een-een ingedra. REGS:Dinamiet kom in klein pakkies. As die oorkruiper bedreighou­ding in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa