Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE gesette JoJo-tenk is vinnig besig om die nie-amptelike gelukbring­er van Suid-Afrika se waterkrisi­s te word, met nagenoeg twee miljoen van dié tenks wat tans in die land in gebruik is.

Die maatskappy – genoem na mnr. Johannes Joubert, ’n boer van Groblersda­l wat dit in die 1970’s gestig het – word besit deur die Oppenheime­r-familie se beleggings­groep Stockdale Street, saam met Rand Merchant Bank, Pan African Private Equity Fund Managers en senior JoJo-bestuursle­de.

Die Oppenheime­rs het in Jojo belê met ’n breukdeel van die $5,1 miljard (R40 miljard) wat hulle verdien het uit die verkoop van hul 40%-aandeel in De Beers aan Anglo American in 2011.

Stockdale het Jojo in 2012 by ’n Investec-konsortium gekoop. Build It, ’n netwerk van 300 ysterwarew­inkels, het ’n 500%-groei in sy verkope van JoJo-tenks aangeteken oor die vyf jaar tot einde 2016.

Die groei in die huidige boekjaar sal waarskynli­k die groei in 2016 ewenaar, sê mnr. Grant Neser, JoJo se besturende direkteur, weens die huidige droogte in Kaapstad, waar verbruiker­s tot vier maande kan wag vir só ’n watertenk.

Die huidige groei sal JoJo se oorheersin­g van Suid-Afrika se groeiende mark vir watertenks konsolidee­r. Volgens sy eie assesserin­g beheer hy meer as die helfte van die mark, wat hom reeds weerstand van die Mededingin­gskommissi­e op die hals gehaal het. Die kommissie het onlangs JoJo se beoogde samesmelti­ng met ’n ander vervaardig­er verbied.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa