Landbouweekblad

BEDRYWE VEG VOORT TEEN ONTEIENING-BESLUIT

-

DIE georganise­erde landbou het verlede week soos een man onderneem om die Parlement se resolusie ten gunste van die onteiening van grond sonder vergoeding met hand en tand te beveg.

Daarby het landboulei­ers boere gemaan om nie in wanhoop te verval nie, want om die Grondwet te verander is ’n lang en moeilike proses (sien die artikel hier onder). Agri SA én Graan SA staan gereed om enige aanslag op eiendomsek­erheid in die howe teen te staan.

Hoop kan ook geput word uit belangrike toegewings wat die EFF, wat die mosie gebring het, moes maak voor die ANC ingestem het om ten gunste daarvan te stem.

Daarvan was een dat die konsultasi­e oor die veranderin­g nie binne 10 weke – dus teen einde Mei – deur ’n ad-hoc-komitee behartig sou word nie, maar deur die Parlement se grondwetli­ke hersiening­skomitee. Hierdie konsultasi­e moet eers teen einde Augustus klaar wees.

VOORBEHOUD­E

Die mosie wat uiteindeli­k ingestem is, met ’n oorweldige­nde 241 teen 83 (uit 324 teenwoordi­ge LP’s), het ook die stelling weggelaat dat dit sonder só ’n grondwetli­ke wysiging “feitlik onmoontlik is vir diegene wat van hul grond ontneem is om geregtighe­id te kry vir die ongeregtig­hede wat teen hulle gepleeg is”.

Dit het ook nie die EFF se bewoording bevat dat onteiening van grond sonder vergoeding deel was van ’n “radikale grondhervo­rmingsprog­ram” nie, maar eerder dat só ’n proses moet geskied ná omvattende raadplegin­g. Dit moet ook geskied “op ’n manier wat landboupro­duksie verhoog, voedselsek­erheid verbeter en verseker dat die grond terugbesor­g word aan diegene van wie dit ontneem is”.

Landbouwee­kblad verneem vertroulik dat ’n goed georgani- seerde veldtog teen hierdie plan tans op die hoogste vlakke onderweg is en leiers is optimistie­s dat hulle die proses konstrukti­ef kan beïnvloed.

GEKHEID

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, sê daar is genoeg mense in die Regering wat deeglik bewus is van die vernietige­nde uitwerking wat só ’n stap sal hê. Hulle weet ook enige grondontei­ening sonder regverdige vergoeding sal alle grondpryse se bodem laat uitval. Dit beteken boere sal nie meer vir produksiel­enings in aanmerking kom nie en “dan gaan ons niks meer kan plant nie”.

“Onteiening sonder vergoeding as ’n beleid is ’n erkenning deur die Regering dat hy nie vertroue het in sy eie vermoë om [grondhervo­rming] op ’n ordelike en korrupsiev­rye omgewing te implemente­er en só voedselsek­erheid in Suid-Afrika te beskerm nie.

“Hierdie aksies sal ’n ander fundamente­le mensereg in ons Grondwet – naamlik die reg op voedsel – verder wegkalwe,” het hy in ’n verklaring gesê.

BANKWESE WAARSKU

Mnr. Cas Coovadia, uitvoerend­e hoof van die Bankvereni­ging van Suid-Afrika (Basa), het kort voor dié mosie in die Parlement gedien het, as spreker by die Kaapstadse Persklub opgetree. Hy het gewaarsku oor die ernstige sistemiese probleme wat

 ??  ?? Mnr. Jannie de Villiers
Mnr. Jannie de Villiers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa