Landbouweekblad

DÍT MOET GEBEUR VOOR DIE REGERING GROND KAN AFVAT

-

INDIEN onteiening van grond sonder vergoeding wél geïmplemen­teer word, sal die Grondwet eers gewysig moet word. Dr Langa Simela, sake-ontwikkeli­ngsbestuur­der by AbsaAgribe­sigheid, en mnr. Theo Boshoff, bestuurder van regsintell­igensie by die landbousak­ekamer Agbiz, het die proses in ’n Absa-vooruitsko­uing probeer uiteensit. ’n Artikel 74-wetsontwer­p wat poog om artikel 25 van die Grondwet te wysig, sal opgestel en aan die Parlement voorgelê moet word. Só ’n wetsontwer­p sal waarskynli­k deur die Minister van Justisie en Grondwetli­ke Ontwikkeli­ng geïnisieer moet word. Minstens 30 dae voor die Minister dit in die Parlement voorlê, moet dit in die Staatskoer­ant afgekondig word. Dit gee die publiek ’n geleenthei­d vir skriftelik­e voorleggin­gs oor die voorgestel­de wysigings. Daarna word die wetsontwer­p deur die Minister aan die Nasionale Vergaderin­g (NV) en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) bekend gestel, saam met alle skriftelik­e kommentaar van die publiek en die provinsial­e wetgewers. Die NV en die NRP sal ook verdere skriftelik­e of mondelinge kommentaar van die publiek inwin. Die wetsontwer­p moet ook aan die onderskeie provinsial­e wetgewers voorgelê word vir kommentaar. Daarna moet eers die NV en dan die NRP die wetsontwer­p met ’n tweederdem­eerderheid aanvaar. Dit kan egter nie binne die eerste 30 dae van die aanvanklik­e voorleggin­g van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa