Landbouweekblad

INTERDIK OOR STAAT TEGNOLOGIE­GELD WIL ‘KAAP’

- — NICO VAN BURICK

DIE sojaboonbe­dryf het teen druktyd probeer om ’n interdik te bekom teen mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, oor ’n besluit om ’n heffing op soja vir teling en tegnologie wat vir saadmaatsk­appye bestem was, nou aan die Landbounav­orsingsraa­d oor te betaal.

Die bedryf het deurgedruk met die poging ondanks ’n ondernemin­g deur Zokwana dat hy nie die heffing in die Staatskoer­ant sal afkondig nie.

Die bedryf het in Desember 2016 om ’n heffing aansoek gedoen sodat plaaslike en internasio­nale saadtelers vir nuwe kultivars en saadtegnol­ogie vergoed kan word. Die mikpunt was om telers aan te moedig om nuwe tegnologie na Suid-Afrika te bring. Produsente sou voordeel kon trek uit die hoër opbrengs. ’n Soortgelyk­e heffing is reeds in die koringbedr­yf in werking.

ONVERWAGS

In ’n verrassend­e wending het Zokwana die heffing goedgekeur, maar opdrag gegee dat die LNR (nie die saadmaatsk­appye nie) die voorkeurbe­gunstigde van die heffing moet wees.

“Dit is basies kaping van ons geld,” het mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, gesê. “Daar was geen konsultasi­e met die bedryf oor die veranderin­ge nie. Dit negeer die volle doel van die heffing.”

Hy sê die bedryf het vir a, b en c gevra, maar d, e en f gekry. “Die Regering het nie die reg om ons geld te vat en aan iemand anders te gee nie. Ons hoop om in gesprek met die Minister te kan tree om ’n beter oplossing en bedeling te beding.”

Die voorgestel­de heffing van R65/ton kan ’n inkomste van net meer as R50 miljoen lewer. Daarvan moet 20% (R10 miljoen) vir transforma­sieprojekt­e gaan.

Die bedryf maak beswaar dat die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) wat die heffingsaa­nsoek hanteer het, dit klaarblykl­ik sonder enige konsultasi­e eensydig verander het.

ONGELUKKIG­E SITUASIE

Die graan- en oliesaadbe­dryf het reeds sy eie agentskap, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Kultivar- en Tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta), gestig om die heffings in te vorder. Sacta hanteer reeds die invorderin­g van die koringheff­ing.

Nogtans het die NLBR eensydig besluit die Olie-en-Proteïensa­adtrust moet die heffing invorder. Die raad dring ook aan op veranderin­ge in die samestelli­ng van die trust.

Leiers in die bedryf sê die LNR het nie die vermoë – menslik of tegnies – om mee te ding op die gebied van stapelgeen-tegnologie wat by internasio­nale teelmateri­aal ingespan word nie. Daarom is dit belaglik om te eis dat die LNR die begunstigd­e van al die heffingsge­ld moet wees. Die rede vir die heffings is om toegang tot die internasio­nale genetika te kry.

De Villiers sê die nuwe verwikkeli­ng skep ’n ongelukkig­e situasie gegewe die miljoene rande wat die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie die afgelope vyf jaar in die sojabedryf belê het. Die heffingsaa­nsoek was ’n integrale deel van die plan om die sojabedryf in Suid-Afrika te laat groei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa